#PasIn: Vakbond eis groter verhogings
KYK
Die Namibiese Unie vir Finansiële Instellings (Nafinu) betoog teen Nedbank Namibia.
Volgens die bank se uitvoerende hoof, Martha Murorua, spruit die onrus voort uit die verval van 'n tydelike ooreenkoms met Nafinu en die unie se eis dat Nedbank hul jaarlikse verhoging vir 2023 van 7% na 10% verhoog. Murorua sê inflasie, volgens die jongste syfers, beloop 6,1%.
Drie lede van Nedbank se uitvoerende raad, Gernot De Klerk (hoof van bemarking en kommunikasie), JG van Graan (finansiële hoof) en Victor Ashikoto (bedryfshoof), het die petisie van die groep betogers ontvang. Murorua het haarself verskoon om ander verpligtinge na te kom. Video: Irené-Mari van der Walt

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie