Logo Symposium 2024
Logo Symposium 2024

’n Derde van nuwe ma’s ly aan depressie

Baie hoër as in meeste ander lande
Die vroue het hul ondersteuningsnetwerk as swak beskryf en was ook meer geneig om hul babas as moeilik hanteerbaar te ervaar.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Vanaf Februarie 2021 tot April 2024 is 488 nuwe ma’s in die Swakopmund Mediclinic volgens die Edinburgh-skaal vir nageboortelike depressie geëvalueer, met sowat ’n derde wat met die geestestoestand gediagnoseer is.

Dié getal is baie hoër as wat deur die meeste ander lande aangemeld is. Ma’s in die ondersteuningsgroep was meer geneig om reeds vroeër depressie te gehad het, het hul ondersteuningsnetwerk as swak beskryf en was ook meer geneig om hul babas as moeilik hanteerbaar te ervaar.

Dié statistiek is tydens die jaarlikse Erongo-simposium gedeel wat op swangerskap en pasgebore babas fokus. Dit het die naweek vir die vyfde keer in Swakopmund plaasgevind en het ontstaan om te besin oor die jaarlikse kraam- en neonatale intensiewesorgeenhede (ICU’s) se data van die Swakopmund Mediclinic en Welwitschia Privaat Hospitaal.

Volgens nog statistiek wat gedeel is, moes ’n beduidende aantal voltermynbabas met ’n normale geboortegewig in die neonatale ICU opgeneem word, met ’n derde wat behandeling vir lae suikervlakke moes ontvang.

Dit kan waarskynlik aan ’n kommerwekkende styging in diabetes onder swanger vroue toegeskryf word. Meer as die helfte van die vroue wat by ’n private laboratorium getoets is, het lae ystervlakke gehad.

Laasgenoemde wek kommer gegewe die impak van lae ystervlakke by swanger vroue op die breinontwikkeling van die fetus en die verhoogde waarskynlikheid van nageboortelike depressie.

Ook is ’n 5%-draerstatus van Groep B Streptococcus (GBS) in swanger vroue geïdentifiseer. Die GBS-toets is nuttig om voorkomende pogings aan te wend om ernstige bakteriële infeksies in pasgebore babas te voorkom.

Dr. Sebastian Gericke, ’n pediater wat spesialiseer in neonatale en pediatriese intensiewesorg, sê die simposium het verskeie gebiede uitgelig wat aandag nodig het. Dit sluit in verbeterde noodvervoer vir siek pasgebore babas op ventilators, sowel as meer gespesialiseerde toerusting vir toestande soos versmoring by geboorte.

Volgens Gericke bly die opleiding van verpleegsters en dokters in die resussitasie van pasgebore babas ’n kritieke behoefte, tesame met verhoogde korporatiewe finansiering vir breër waarneming en die verbetering van die kwaliteit van inisiatiewe.

“Die simposium speel ’n noodsaaklike rol om tendense te identifiseer, kwaliteitverbeterings te bestuur en ’n omgewing en gevoel van samewerking tussen gesondheidspersoneel te skep wat verbind is aan die verhoging van die standaarde van sorg in die Erongostreek,” sê Gericke.

Inisiatiewe wat reeds gevestig is om die kwaliteit te verhoog, sluit in die siftingsproses vir aangebore hartsiektes, verhoogde ondersteuning van borsvoeding, die vestiging van ’n borsmelkbank in 2019 asook protokol vir die bestuur van vroeggeboortes.

Die simposium het ten doel om die gehalte van voorgeboortelike, geboorte-, postnatale en pasgebore sorg in die gemeenskappe te verhoog.

Vanjaar was ’n deurslaggewende uitbreiding van die simposium van ’n enkele aandgeleentheid na ’n voldagprogram wat deur 120 afgevaardigdes in die oggendwerkwinkels en 90 wat die galadinee bygewoon het.

Die geleentheid het 10 voortgesette professionele ontwikkeling (CPD)-geakkrediteerde lesings aangebied wat deur plaaslike kundiges in pasgebore en verloskundige sorg gelewer is. Onder die deelnemers aan die werkwinkels was praktisyns van die distrikshospitale op Swakopmund en Walvisbaai.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 291.65/OZ DOWN -0.0178 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0282 | Zinc US$ 2 872.80/T DOWN -1.29% | Brent Crude Oil US$ 85.93/BBP DOWN -0.0245 | Platinum US$ 943.42/OZ DOWN -0.0062 Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 291.65/OZ DOWN -0.0178 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0282 | Zinc US$ 2 872.80/T DOWN -1.29% | Brent Crude Oil US$ 85.93/BBP DOWN -0.0245 | Platinum US$ 943.42/OZ DOWN -0.0062