No Image Caption

Ons wag nog steeds vir trekdag

Lanel (Wiesie) Kotzé – By boks nommer 143 – van alle groottes en tipes – het ek eers opgehou tel. En daar is nóg bokse in die motorhuis. Die finale amptelike syfer bly vir eers uitstaande, maar ek belowe om rekord op trekdag te hou.

In hierdie stadium voel dit so bietjie of ons vir EWIG gaan trek. Die pret met die eggo’s het vir eers gaan lê (dankie Vader). Seuntjie onderskei in hierdie stadium graag tussen ons ou en die nuwe huis.

“Ons gaan hierdie liedjie weer luister by die nuwe huis. Dis mos môre, né Mamma?” (Hoe verduidelik ’n mens dat dit ’n rukkie gaan neem tot alles in die nuwe huis ingestel, opgestel en internet-gereed gaan wees?) Ek wil ook hê dit moet al môre wees, my kind.

Wanneer daar al hoe minder dinge begin rondstaan en die berg bokse raak al hoe hoër, kry ’n mens darem ’n gevoel dat jy vordering begin maak. Die klein plantjies is vandag al by hul tydelike bestemming afgelaai. Die arme twee katte moet maar sterk staan, dit gaan binnekort begin eensaam word hier in die huis. Hulle is als behalwe gewoond aan reis, so hulle moet maar net vasbyt, ons kom terug vir hulle.

Het ek verlede keer al by julle gekla oor hoe baie goeters ’n mens het? Oukei, die aantal bokse is misleidend, want dit verskil van wynboks-grootte tot reusebokse waarin ek of my man vervoer sou kon word. Maar ja – al die goeie voornemens om minder te maak en uit te gooi het mooitjies verdamp toe die druk om te begin pak begin toeneem het. Nou trek ek al die strooi saam met ons sodat dit aan die ander kant uitgesorteer kan word. Ek vrees die sperdatum vir daardie (die deel waar alles aan die ander kant uitgesorteer word) is dalk nooit nie.

Saam met die trek herontdek ’n mens die hoekies en draaitjies van jou eie menswees. Die dinge in jou huis wat jy al vergeet het daar is, en van die items wat jy eenvoudig glad nie mee wil “deal” nie.

Maar jy kom darem ook dié teë waarvoor jy lief is en gereeld gebruik. Ek kyk wel na my versameling van plastiekbakkies en glasbottels en wonder vlugtig hoeveel daarvan ’n mens dan nou werklik (op een slag) nodig het?

Handdoeke, beddegoed, kombuisware en daardie items wat ons nog nooit gebruik het nie – wat ook in ’n kas staan. Die boks vir die bokse. Ek is van vooraf verstom oor die huis se apteekvoorraad (dankie, mediese fonds), maar besef ook terdeë dat talle van die produkte vir dieselfde simptome bedoel is. Ons is net nie slim genoeg om te weet wat in ons huis is wat ook sal werk vir wat die dokter ingedagte het nie. Volgende keer maak ek ’n lys en neem dit saam na die doktersafspraak.

Al wat ek vra aan diegene wat dankbaar is dat hulle nie saam met ons hoef bokse te pak nie – hou ons asseblief in julle gedagtes. Hou ons in julle gedagtes en bid dat ons hierdie trek oorleef sonder dat enige glase, borde, voertuie, yskaste, katte of iets dergeliks in die slag bly. Moedelose groete en met hernude respek vir diegene wat hierdie gereeld of herhaaldelik doen. Tot volgende keer.

– Gasskrywer

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.6 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.07 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.07 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79808.06 Down -0.33% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1762.08 Down -0.21% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.85 Down -0.13% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27224.8 Down -0.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 419.43/OZ DOWN -0.0028 | Copper US$ 5.06/lb DOWN -0.0018 | Zinc US$ 3 137.30/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 83.03/BBP DOWN -0.0109 | Platinum US$ 1 051.41/OZ UP +0.15% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.6 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.07 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.07 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79808.06 Down -0.33% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1762.08 Down -0.21% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.85 Down -0.13% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27224.8 Down -0.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 419.43/OZ DOWN -0.0028 | Copper US$ 5.06/lb DOWN -0.0018 | Zinc US$ 3 137.30/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 83.03/BBP DOWN -0.0109 | Platinum US$ 1 051.41/OZ UP +0.15%