Ariamsvlei-invoere neem toe
Klaring hang van grensposbeampte af
NamRA verseël meer besendings en stuur dit na Windhoek vir inspeksie.
Plaaslike kleinsakeondernemings wat by invoere deur die Ariamsvlei-grenspos betrokke is, gaan na bewering gebuk onder vertragings in klaringsprosesse van die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA).
NamRA ontken dat besendings met voltooide dokumentasie en geen kwessies meer as twee uur neem om te verwerk nie.
“Vertragings kan egter voorkom waar permitte of goedkeurings van ander belanghebbendes hangende is,” het NamRA se hoofwoordvoerder, Yarukeekuro Ndorokaze, op navraag van Network Media Hub (NMH) gesê.
Ndorokaze het wel erken daar was die afgelope maande ’n aansienlike toename in handelsvolume by Ariamsvlei.
“Dit is hoofsaaklik as gevolg van komplikasies op die deurvoer-roete deur Botswana, wat daartoe lei dat baie invoerders en vervoerders hul besendings deur die Ariamsvlei-grenspos herlei,” het hy gesê.
Klagtes dat NamRA sukkel om genoeg beamptes by die grenspos te ontplooi, is ook nie waar nie, sê hy.
“Sonder om die aantal personeel bekend te maak, werk NamRA op ’n vierskofstelsel. Ons handhaaf altyd volle skofte, veral gedurende naweke wanneer die verkeersvolumes relatief hoër is,” beklemtoon hy.
Namibiese invoerders het egter spesifiek gekla oor dienslewering oor die naweek van 26 en 27 April.
“Daar was net drie beamptes aan diens met die meerderheid wat met verlof was. Dokumentasie vir voorafklaring is reeds Vrydagaand ingedien, maar net ’n handjievol is verwerk omdat doeane onderbeman was.
“Beamptes hersien tans die dokumente. Let wel dat die stelsel ook ’n bietjie stadig is,” het een sakebestuurder verlede week gesê.
Vroeër verlede maand was NamRA se Astycuda- gerekenariseerde doeanebestuurstelsel glo ook van lyn af.
“Nee, gedurende die betrokke naweek het ons vier beamptes tydens die oggendskof aan diens gehad, terwyl die middag- en nagskofte onderskeidelik deur vyf beamptes beman is,” sê Ndorokaze egter.
Erger vertragings word ervaar as ’n spesifieke besending geïdentifiseer word. Een koerier wat met NMH gepraat het, sê tot meer as 200 vragbriewe kan op ’n enkele vragmotor ingevoer word en almal word dan geraak as die vrag teruggehou word.
“Dan sit hulle ’n seël op die vragmotor en stuur dit Windhoek toe,” het hy gesê.
Ndorokaze het bevestig: “’n Beduidende aantal besendings word na ons Windhoek-streekkantoor verwys vir inspeksie.
“Ons pas ’n risiko-gebaseerde benadering toe in ooreenstemming met beste internasionale praktyke, insluitend die Wêrelddoeane-organisasie (WCO) se hersiene Kyoto-konvensie en die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se handelsfasiliteringsooreenkoms.
“Ons Asycuda-stelsel identifiseer hoërisiko-besendings, wat dan onderhewig is aan verdere inspeksie. NamRA hersien tans sy risikoprofielmaatreëls om handelsfasilitering verder te verbeter,” voeg hy by.
Besendings moet egter waar hulle by die grenspos, opgeteken word, uiteindelik goedgekeur word en finale klaring kry.
“Om die proses te bespoedig word geskandeerde afskrifte van die verwysingsverslae elektronies na Ariamsvlei gestuur, terwyl vir die oorspronklike dokumente per koerier gewag word.
“Terwyl verslae per e-pos gestuur kan word, moet die finalisering deur die beamptes by Ariamsvlei gedoen word, aangesien die dokumente by daardie spesifieke grenspos geregistreer is,” sê NamRA se hoofwoordvoerder.
Ndorokaze sê vertragings is nie die norm nie.
“Dit kom voor net wanneer daar kommunikasie-uitdagings tussen Ariamsvlei, die verwysingskantoor en die agente is. Gewoonlik kry gemerkte besendings klaring sodra die inspeksieverslag voltooi en teruggestuur is,” benadruk hy.
“Bederfbare goedere word vir klaring geprioritiseer, om te voorkom dat dit bederf. Tot op hede het ons nie enige voorvalle aangeteken waar bederfbare goedere sleg geraak het terwyl hulle op klaring gewag het nie,” voeg hy by.
Sedert nuwe inspeksieriglyne ingestel is, het die aantal besendings wat versëel en na Windhoek gestuur word, wel toegeneem, erken hy.
“Koeriers in Windhoek het ook gekla dat inspeksiebeamptes nie altyd geredelik beskikbaar is om klaring te fasiliteer nie.
“Dit kan tot twee weke neem voor ons by kliënte kan aflewer,” sê een.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie