Mynbou laat ekonomie vlamvat

Rekordjaar vir beleggings
Namibië se ekonomie het verlede jaar met 4,2% gegroei, die derde opeenvolgende jaar van positiewe groei ná Covid-19 die land in 2020 getref het.
Jo-Maré Duddy
Beleggers het verlede jaar bykans N$60 miljard in die Namibiese ekonomie ingepomp, die meeste daarvan in mynbou- en eksplorasiebedrywighede.

Syfers wat gister deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, toon die land se bruto vastekapitaalvorming (GFCF) was verlede jaar sowat N$25 miljard of 74% méér as in 2022. GFCF is die oorkoepelende ekonomiese term vir belegging.

Uit die totale GFCF van bykans N$59,8 miljard, het amper N$34,2 miljard na mynbou en eksplorasie gevloei.

Die statistikus-generaal, Alex Shimuafeni, het die styging in GFCF aan versnelde beleggingsbesteding in eksplorasiebedrywighede in die olie- en gassektor toegeskryf. Namibië word toenemend as een van die beste kandidate vir nuwe olie- en gasbronne beskou.

Die jongste GFCF-syfers herinner aan 2015 toe die konstruksie aan verskeie nuwe myne, onder meer Husab, ook belegging in Namibië aangevuur het. Dis die eerste keer sedert 2015 dat GFCF weer die N$40-miljardkerf oorskry.

In reële terme, dus syfers wat vir inflasie aangepas is, het GFCF verlede jaar sowat N$43,4 miljard beloop. In 2015 was dit bykans N$45,5 miljard. Mynbou-GFCF verlede jaar was ongeveer N$27,9 miljard vergeleke met N$17,4 miljard in 2015.

BBP

Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) was verlede jaar bykans N$151,4 miljard in reële terme – sowat N$6 miljard méér as in 2022. Dié syfer is gebruik om die ekonomiese groeikoers van 4,2% vir 2023 te bepaal.

Teen markpryse het Namibië se BBP sowat N$227,8 miljard beloop vergeleke met die bykans N$205,6 miljard in 2022.

Mynbou was verlede jaar vir sowat N$19,1 miljard van Namibië se reële BBP verantwoordelik.

Hoewel diamante met ’n bydrae van bykans N$10,7 miljard steeds die rots van mynbou is, was dié sektor se jaar-op-jaar (j/j) groei nie naastenby so indrukkend soos dié van uraan, metaalerts en “ander mynbou” nie.

Diamante se BBP-bydrae het j/j met 10,9% gegroei. Uraan en metaalerts, daarenteen, se groei was 24,5% en 28,9% onderskeidelik. Uraan het vir sowat N$3,1 miljard in die reële BBP-pot gesorg, terwyl metaalerts se bydrae ongeveer N$1,6 miljard was.

“Ander mynbou en steengroefwerk”, wat bedrywighede in die olie- en gassektor insluit, het j/j met 37,2% gebult en meer as N$3,7 miljard tot die reële BBP bygedra.

VERBRUIKERS, TOERISME

Bykans N$14,3 miljard is verlede jaar in die klein- en groothandel bestee.

Hoewel N$776 000 of 5,8% hoër as in 2022, is dié besteding steeds aansienlik minder as die vlakke van N$16 miljard in 2015 en 2016. Namibië is ná 2016 in ’n resessie gedompel.

Die jongste syfers is wel beduidend beter as die N$11- en N$12 miljard plus van die pandemie in 2020 en 2021.

Hotelle en restaurante, ’n maatstaf vir toerisme, herstel steeds van die Covid-19-impak en het sowat N$2,4 miljard tot die BBP bygedra.

Dié groei van 4,8% j/j was egter die swakste vertoning sedert 2020, toe groei tot -30,8% getuimel het.

KONSTRUKSIE, VERVAARDIGING

Konstruksie het in 2023 sy agtste jaar in resessie deurgebring.

Negatiewe groei van 0,2% is aangeteken, ’n groot verbetering op die -18,4% van 2022 en die laagtepunt van -41,1% van 2016.

Die sektor se BBP-bydrae verlede jaar was ’n skrale N$1,98 miljard, ’n fraksie van die bykans N$8,1 miljard in 2015.

Met groei van -3,2% is vervaardiging ook terug in ’n resessie ná ’n positiewe vertoning van 5,2% in 2022.

Vervaardiging het vir bykans N$15,7 miljard in die ekonomie gesorg, beduidend minder as die N$18,8 miljard in 2019.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.05/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 953.09/OZ UP +1.96% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.05/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 953.09/OZ UP +1.96%