Tiener pak epiese seil-avontuur aan

Leandrea Mouers
’n Tiener van Walvisbaai het onlangs die geleentheid van ’n leeftyd gehad om vanaf Walvisbaai na Brasilië te seil.

Tristan Keulder (17) vertel hy het ongeveer ’n maand en ’n half op see deurgebring.

“Ons het sowat 5 200 myl gevaar. Ek wil dit beslis weer doen – ek het nog ’n geleentheid in Mei, maar ek het besluit om nie te gaan nie. Ek het baie na die huis verlang en is vir nou net bly om by die huis te wees.”

Hierdie jong man is nie van plan om binnekort te stop nie en beplan om eendag om die wêreld te vaar.

Keulder vertel dat sy liefde vir seil al van kleintyd begin het.

“Ek het in graad 1 of 2 begin om met klein bote te vaar en het sedertdien hierdie vaardigheid geslyp. Twee jaar gelede het ek my ‘sailing ticket’ in Suid-Afrika gekry om internasionaal te vaar aangesien dit nog altyd my droom was om lang reise te onderneem. Plaaslik het ek by Catamaran Charters gewerk en ook meer ondervinding daar opgedoen.”

“Ek het op die ingewing van die oomblik besluit om na Brasilië te vaar; ek kon nie so ’n geleentheid deur my vingers laat glip nie,” het Keulder gesê.

Hy sê daar is ’n groot verskil om in Walvisbaai en in die wye oop see te vaar.

“Ons het ’n klomp groot storms gehad. Ons het baie wind gehad, en dit was regtig my eerste keer dat ek deur die dag en nag gevaar het, behalwe vir die kere wat ons geen wind gehad het nie.”

Hulle het op ’n Fountaine Pajot Elba 45-boot gevaar.

“Dis ’n 45 voet-katamaran met baie ruimte. Ek het voor die boot geslaap en met elke golf het ek dit gevoel. So ek het die eerste paar nagte nie so lekker geslaap nie. Die seesiekte het ook ongeveer twee dae later bedaar,” vertel Keulder.

Hy vertel hulle grootste uitdaging was die dae wanneer die wind nie gewaai het nie en hy redelik verveeld was.

“Ons was by die ewenaar verby, en ons het geen wind gehad nie – wat nie uitsonderlik is nie; dis net daardie streek waar daar nie baie wind is nie. In daardie tyd het ons een van ons seile herstel, enjinwerk gedoen, ek het my werk ingehaal – maar dit gaan net daaroor om jouself gemotiveerd te hou om aan te gaan, want jy raak so verveeld. Die boot kan baie klein word as jy nie heeltyd iets het om te doen nie.”

Keulder vertel ook dat hy eendag by seilwedrenne betrokke wil raak omdat hy mal is oor die gevoel van die adrenalien wanneer hy teen ’n hoë spoed vaar.

Die avontuur na Brasilië was egter nie sonder opwinding nie. Volgens hom het hulle ook talle seediere op hulle avontuur teëgekom.

“Ons het baie dolfyne gesien en ’n walvis wat uit die water gespring het. Dit was ook die eerste keer dat ek tuna uit die water sien spring het. Wanneer hulle visse na die oppervlak jaag, spring hulle letterlik uit die water – hierdie yslike geelvintunas. Dit was asemrowend!”

Een van die hoogtepunte van sy reis was die eiland Fernando de Noronha aan die kus van Brasilië.

“Die eiland het pragtige strande, dis privaat en nie baie mense kan daarheen gaan nie; wat dit baie spesiaal maak."

“Dit was ongelooflik om die kultuur van die Brasiliaanse mense, die mense van St. Helena, te ervaar. Die Karibiese Eilande is ’n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie – maar uit al die plekke waar ek al was, verkies ek my land, Namibië.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.97/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0123 | Zinc US$ 2 876.50/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.79/BBP DOWN -0.0219 | Platinum US$ 946.94/OZ UP +1.30% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.97/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0123 | Zinc US$ 2 876.50/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.79/BBP DOWN -0.0219 | Platinum US$ 946.94/OZ UP +1.30%