FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO UNSPLASH
FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO UNSPLASH

Ministerie oorskry sy begroting met N$151 m.

Wag sedert 2017 vir goedkeuring van verkrygingsproses
Covid-19 en die gepaardgaande las wat dit op die ministerie en sy hulpbronne geplaas het, het tot 'n oorbesteding van meer as N$209 miljoen by verwysingshospitale gelei.
Henriette Lamprecht
Hoewel die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste buitelandse kaartjies, ander goedere en dienste as ’n beplande aktiwiteit in sy verkrygingsplan het, toon die ouditeur-generaal se verslag vir die boekjaar wat op 31 Maart verlede jaar geëindig het, dat miljoene vir van vliegkaartjies tot die omskakeling van voertuie in ambulanse gebruik is.

Altesaam N$36 127 is gebruik om ’n student uit Rusland te ontruim wat haar studies gestaak het; haar studievisum het verval en kon nie weer hernu word nie.

Altesaam N$6,9 miljoen is gebruik vir die vliegkaartjies van 178 studente van Kuba en 12 van Zambië wat verkeerdelik as ’n nooduitgawe geïdentifiseer is, in plaas daarvan dat ’n versoek vir kwotasies aan reisagentskappe wat in die goedgekeurde dokument gelys is, gemaak is.

Nadat ’n oop en nasionale tenderproses vir voertuie en vragmotors vir die sentrale mediese store onsuksesvol was, moes N$18,4 miljoen noodgedwonge gebruik word vir die aankoop van noodreaksievoertuie (ambulanse).

Altesame N$23 miljoen se noodaankope vir farmaseutiese produkte moes gedoen word. Dit nadat die ministerie reeds sedert 2017 op die Verkrygingsraad van Namibië wag om die verkrygingsproses te finaliseer. Dit lei noodgedwonge die afgelope jare tot voortdurende medisynetekorte wat die lewens van pasiënte in gevaar stel.

Luidens die ouditeur se verslag is meer as N$6 miljoen vir goedere en dienste van vorige boekjare sonder die tesourie se goedkeuring betaal.

Volgens die ministerie is dit weens verskaffers wat met die uitreiking van rekeninge sloer, asook vertragings in die verkryging van goedkeuring van die tesourie.

Die verslag verwys na alle aankope wat met die implementering van die openbare verkrygingswet gesentraliseer is.

Gesondheidsgeriewe se besluitnemingsmag is gevolglik van hulle ontneem en dit het ’n bottelnek-situasie op nasionale vlak veroorsaak.

’n Gebrek aan kapasiteit en begrip van openbare finansiële bestuur (PFM) in die ministerie is ook ’n reusestok in die wiel tydens die verkrygingsproses.

Die totale begroting van die ministerie is vir die finansiële jaar in oorsig met meer as N$151 miljoen oorskry.

Weens die vertragings in die aanwysing van ’n kontrakteur is ’n onderbesteding van N$5,6 miljoen (20,9%) vir primêre gesondheidsdienste onder die ontwikkelingsbegroting aangeteken.

Vertragings in die werwingsproses het gelei tot ’n onderbesteding van N$1,4 miljoen in die departement van maatskaplike dienste met vakante poste wat nie gevul is nie, terwyl N$8,9 miljoen in die afdeling vir beleidsrigtings, beplanning en menslike hulpbronontwikkeling onderbestee is, hoofsaaklik weens kontrakteurs wat nie in staat was om hul werk binne die betrokke boekjaar te voltooi nie.

Die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande las wat dit op die ministerie en sy hulpbronne geplaas het, het gelei tot ’n oorbesteding van meer as N$209 miljoen by verwysingshospitale in die land.

Dit was grootliks weens die ontplooiing van meer as 6 800 tydelike werkers. Weens die ontwikkelende epidemiologiese situasie moes die ministerie die werkskontrakte van die werkers ook vir langer verleng as wat verwag is.

Die ouditverslag verwys ook na ’n afname in inkomste weens akkommodasiegeriewe by die staatshospitaal op Rundu wat in ’n vervalle toestand is, met huurders wat noodgedwonge die perseel moes ontruim.

Dit was ’n soortgelyke situasie in die Kunenestreek, terwyl studente wat tydelike verblyf in die Ohangwenastreek vereis tydens hul internskappe, na voltooiing weer uittrek en dit leeg staan.

Die ministerie het ook minder geld in vergelyking met die vorige jaar vir die registrasie van medisyne ingesamel. Dit word grootliks toegeskryf aan verskeie faktore, insluitend ’n afname in die aantal produkte wat vir die plaaslike mark beskikbaar is, inflasie asook finansiële en bedryfskwessies wat deur Covid-19 veroorsaak is.

’n Toename in die deregistrasie van produkte as gevolg van laasgenoemde word ook ervaar hoofsaaklik weens maatskappye wat nie daarin belangstel om hul produkte op die plaaslike mark te verkoop nie aangesien dit te swak vaar en uiteindelik besluit om dit heeltemal te onttrek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 975.40/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 83.73/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 975.40/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 83.73/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0029