Man vermoor glo eksmeisie
Die polisie in die Kavango-Oosstreek het ’n beroep op die publiek gedoen om te help om Ngonga Soares Siwombe (28) op te spoor wat na bewering Donderdag sy eksmeisie op Rundu vermoor het ná hulle in ’n argument betrokke geraak het.
Die waarnemende polisiebevelvoerder in die streek, adj.komm. Eino Nambahu, het die voorval bevestig wat omstreeks 20:00 in die dorp se Kehemu-nedersetting plaasgevind het.
Die oorledene is geïdentifiseer as Theresia Siwombe (21), ’n graad 11-leerling aan die Sekondêre Skool Sarasungu.
Volgens Nambahu is sy verskeie kere met ’n mes gesteek.
“Familielede sê die twee was in ’n verhouding wat beëindig is. Verlede week het die familie met die twee oor hul onstabiele verhouding gepraat. Die twee het ’n driejarige seun wat glo ten tyde van die voorval by die ouers was.
“Na bewering het die twee oor ’n selfoon baklei wat die verdagte die aand by Theresia afgeneem het om deur haar teksboodskappe te gaan. Die argument het in ’n bakleiery ontaard en in die proses is sy herhaaldelik met ’n mes gesteek en is op die toneel dood,” sê Nambahu.
“Nadat hy haar vermoor het, het hy die kind saam met hom na sy huis geneem. Hy het hom hier saam met die moordwapen gelos voordat hy op die vlug geslaan het.”
“Ons doen ’n dringende beroep op gemeenskapslede van Kavango-Oos en omliggende gebiede om die polisie te help om die verdagte op te spoor. Enigiemand met inligting oor waar die verdagte hom bevind, word gevra om dringend met hoofinspekteur Kakoro by 081 258 2338 of die naaste polisiekantoor in verbinding te tree.”
Nambaha het beklemtoon huishoudelike geweld is ’n doring in die vlees vir elke Namibiër, aangesien geslagsgeweld ’n pandemie in die land geword het.
“Dit is soms baie moeilik om hierdie tipe voorvalle uit te ken. Diegene wat hulle egter in ’n situasie bevind waar dreigemente en mishandeling aan die hand van hul lewensmaats aan die orde van die dag is, moenie huiwer om die kantoor vir geslagsgebaseerde geweld te nader vir verdere bystand nie. Hierdie kantore is landswyd en is oop vir alle geslagte en nie net vir vroue soos baie mense se opvatting is nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie