Wat beteken 'n eeu van Afrikaans vir jou?
Savannah Stein
Afrikaans is my moedertaal en vorm ’n integrale deel van wie ek is. As ’n kleurling het ek van kleins af grootgeword met die taal. Dit is hoe ek met my familie, my kultuur en my wêreld verbind. Om Afrikaans te kan praat, is vir my ’n eer, veral omdat dit een van die min tale is wat unieke wortels in Namibië het. In ’n tyd waar tale maklik verlore kan gaan, beskou ek dit as my verantwoordelikheid om Afrikaans lewendig te hou, deur dit met trots te gebruik, te koester en aan die volgende generasie oor te dra. ’n Eeu van Afrikaans beteken vir my ’n viering van identiteit, kultuur en gemeenskap, en ek is trots om deel van daardie storie te wees.
Annemarie du Toit
’n 100 jaar van Afrikaans beteken vir my ’n eeu vol stories, kultuur en trots. Dit wys hoe die taal gegroei het en deel van mense se daaglikse lewe geword het. Dis ’n tyd om terug te kyk na waar Afrikaans begin het, en om dankbaar te wees vir alles wat die taal vir ons beteken. Dit is ook ’n herinnering dat ons Afrikaans moet beskerm en gebruik sodat dit kan bly leef vir die volgende geslag.
Amor Farao
Hoewel ek eers Engels groot gemaak is, het Afrikaans vir my ’n nuwe venster oopgemaak na my identiteit, kultuur en gemeenskap. Vir my beteken ’n 100 jaar van Afrikaans die viering van ’n taal wat ek met trots dra as deel van my identiteit. Dit bring vir my ’n gevoel van gemeenskap in vandag se wêreld van individualisme.
Vyshalani Mouton
Vir my is 100 jaar van Afrikaans ’n viering van my identiteit, my wortels en my mense. Dis die taal waarin ek liefhet, lag, droom en leer. ’n Veilige ruimte waar ek myself kan wees. Afrikaans is vir my meer as net kommunikasie; dit is ’n draer van herinneringe, kultuur en tradisie. Dis die klank van huis, familie en tuiskoms. Ek is trots om Afrikaans as my moedertaal te hê en dit met ander te deel.
Eunike van Wyk
100 jaar van Afrikaans beteken vir my ’n manier om my kultuur en geskiedenis te vier. Dit is ’n kans om die taal te waardeer en te besef hoe dit deel van my lewe geword het. Afrikaans verbind my met my familie en die stories van my voorouers. Dit gee my ’n gevoel van identiteit en trots. Ek is trots om deel te wees van hierdie eeu van Afrikaans.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie