Dié kwessies beperk landelike vooruitgang
Weersomstandighede, swak toegang tot landboudienste skep probleme
Elvira Hattingh - Ontoereikende toegang tot landbouvoorligtingsdienste en inligting oor die klimaat, droogte, onverwagse groot hoeveelhede reën wat met vloede gepaardgaan en hoë temperature, is van die grootste faktore wat landelike Namibiërs van vooruitgang weerhou.
Me. Margaret Angula van die Universiteit van Namibië (Unam) het Dinsdag op die tweede dag van die Afrika Droogtekonferensie gepraat oor ’n kwesbaarheid- en risiko-evaluering wat in Namibië en Botswana se landelike dele uitgevoer is. Dit vorm deel van die Assar-projek, wat mense se aanpassingsvermoë in droë gebiede in Afrika en Indië meet.
Volgens haar is kulturele oortuigings, beperkte toegang tot die bemarking en verkoop van lewende hawe en trae aanvaarding van nuwe landboupraktyke en -tegnologie as nog kwessies geïdentifiseer wat landelike inwoners van ontwikkeling weerhou.
Unam het die evaluering in samewerking met die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van Botswana aangepak. Die evaluering is in November 2015 in Botswana en in Maart vanjaar in Namibië afgehandel.
“Suider-Afrika is ’n fokuspunt as dit by klimaatveranderinge kom. Dit ervaar dikwels groot verskille in reën, gereelde droogte, min vog in die grond en soms kitsvloede,” het Angula gesê.
“Op dié gebied word die kwesbaarheid van landelike bewoners aan beperkte beroepsgeleenthede, klimaatveranderinge, groot armoede, blootstelling aan MIV/vigs asook beperkte infrastruktuur en dienste gekoppel,” het sy gesê.
Aanbevelings wat uit die evaluering voortspruit, sluit in dat landelike inwoners in Botswana en Namibië se toegang tot landboutoerusting en nuwe landboumetodes asook sakevaardigehede uitgebrei word.
In die studie word aanbeveel dat die verskeie bestaande instansies versterk moet word en gebruik moet word om regeringsdienste te desentraliseer. Verder moet bewusmakingsveldtogte deur die media en tradisionele owerhede van stapel gestuur word en moet vroeë waarskuwingstelsels in werking gestel word.
“In Namibië bestaan ’n geleentheid vir die regering om boere in bewaringsboerderymetodes deur middel van die kiesafdelingkantore op te lei. Tradisionale owerhede moet ook betrokke wees by die bewusmaking van gevare en kwessies wat met die evaluering geïdentifiseer is,” het Angula gesê.
Volgens haar sal die bevindinge van die evaluering ook gebruik word om onder meer ’n begrip van landelike inwoners se kwesbaarheid onder verskeie belangegroepe te vestig asook om beplanning vir transformasie in veral die Omusatistreek in die noorde van Namibië asook die Bobirwa-substreek in Sentraal-Botswana te dryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie