Namibiese beesvleis na Amerika
Namibiese beesvleis na Amerika

Namibiese beesvleis na Amerika

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Goeie nuus vir beesboere is dat Namibiese beesvleis nou na Amerika uitgevoer kan word.
Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, mnr. Thomas Daughton, het in ’n mediaverklaring gesê Namibië is die eerste en enigste land in Afrika wat beesvleis na Amerika kan uitvoer.
Volgens ’n besluit van die Amerikaanse regering Woensdag het die Amerikaanse Voedselveiligheid en Inspeksiediens, Namibië tot sy lys lande gevoeg wat vleis en vleis­produkte na Amerika mag uitvoer.
“Dit is voorwaar goeie nuus en verteenwoordig jare se harde werk deur amptenare van ons twee groot nasies,” het Daughton gesê.
“Dit maak ’n nuwe belangrik mark vir Namibiese vleisprodusente oop. Ek sien uit na die dag wanneer Amerikaners Namibiese beesvleis kan braai.”
Mnr. Sakkie Coetzee van die Namibiese Landbou-unie (NLU) het in reaksie gesê hy is dankbaar vir die nuwe markte na China en Amerika wat oop is, “maar daar is nog baie protokol wat afgehandel moetword en dit gaan nog baie tyd neem om al die administratiewe prosedures uit te stryk voordat die vleis daar gaan aanland”.
Volgens die Amerikaanse Voedsel­veiligheid en Inspeksiediens is Namibië se vleisinspeksiestelsel gelykstaande aan die Amerikaanse inspeksiestelsel vir vleis en vleis­produkte.
“Namibië kan rou, beenlose beesvleisprodukt van gesertifiseerde instansies na Amerika uitvoer. Ondanks besware wat deur Amerikaanse individue en handels­organisasies tydens ’n kommentaartydperk láát verlede jaar geopper is, het die Amerikaanse Voedselveiligheid en Inspeksiediens vas­gestel dat Namibië die geskikte prosedures en maatreëls gebruik om te verseker dat standaarde gehandhaaf word.”
Volgens ’n verklaring van die Amerikaanse ambasssade, het die Namibiese regering geraam dat die potensiële volume van vleisuitvoere na Amerika soveel soos 860 000 kg in die eerste jaar kan wees en in vyf jaar tot soveel soos 5,7 miljoen kilo­gram kan toeneem.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!