‘Net genade dat ek leef’

Luiperd takel boer van Aroab
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ’n Jong boer van Aroab wat Maandag onder die gevaarlike kloue van ’n groot luiperdmannetjie deurgeloop het, sê dit is “net God se genade” dat hy leef.
Die 27-jarige mnr. Hendrik Kotze van die plaas Vryheid was deel van ’n soekgeselskap wat die “groot kat” se spoor gesny het op die plaas Same­haling van die bekende Dorperboer, mnr. Pieter van Schalkwyk, toe hy aangeval is.
Kotze vertel hy het hom die middag so drie-uur saam met mnre. Willie Louw en Bertie Marais by Van Schalkwyk en ’n ander boer van die omgewing, mnr. JG Maritz, aan­gesluit om na die luiperd te help soek.
“Pieter en sy mense (plaaswerkers) het die oggend al die kat se spoor gevat.” Van Schalkwyk sê die luiperd het sowat twee jaar gelede sy intrek in die omgewing geneem (vermoedelik uit die Karasberge) en “was baie lief vir Dorpervleis”.
Kotze sê toe hy op die plaas kom, was die span besig om ’n vars spoor tussen die ouer spore te soek. “Ek het in die rigting van die honde se geblaf gehardloop en toe kry ons weer die vars spoor.
“’n Rukkie later het een van die voertuie voor die luiperd verbygery en hy het teruggedraai in sy spoor. Ek het gehoor hulle skree ‘hier’s hy, hier’s hy!’”
Die volgende oomblik het die luiperd op Kotze afgestorm. Hy het ’n skoot geskiet, maar toe is die luiperd bo-op hom.
“Ek vermoed die luiperd het die geweer so hard teen my vasgestamp dat ek uit was.” Hy sê toe hy bykom, was die luiperd nie meer op hom nie.
Vertel Van Schalkwyk: “Ek het uitgedraai vir ’n knopduintjie om voor Hendrik te kom. Toe ek agter die duin uitkom, het ek gehoor iemand skree en gesien hoe die kat bo-op Hendrik spring. Daar was net stof en die perd het vreeslik gegrom, maar die volgende oomblik toe hardloop die kat weg.”
Hy sê hy het gejaag om by Kotze te kom. “Toe sien ek hoe Hendrik opstaan, sy geweer vat en agter kat aanhol en sê die ouens moet uitsprei en nie so op ’n bondel loop nie nie. Hy was van die ene bloed!”
Van Schalkwyk sê hy het gedink ’n slagaar is af, “maar Hendrik het nie ’n saak gehad met die bloed nie. Hy het op die duin gestaan en vir die ander geskree wat om te doen”.
Uiteindelik het die honde die luiperd aan die stert beetgekry en die doodskoot is gevuur. Volgens Van Schalkwyk het hy “baie groter as Hendrik geskrik”.
“Toe daai kat op Hendrik spring en ek hoor daardie gromme, toe sien ek al ek tel ’n dooie man daar op. Maar genadiglik toe nie.”
Nadat die luiperd van kant gemaak is, het Van Schalkwyk met Kotze na die kliniek op Aroab gejaag. Die diep snywonde aan beide kante van sy kop het erg gebloei. So ook die twee bytmerke teen sy voorkop.
Nadat die wonde ontsmet en toegewerk is, het hy ’n inspuiting teen klem-in-die-kaak asook antibiotika gekry. Dinsdag is hy na ’n dokter op Keetmanshoop, wat hom weer ondersoek het om seker te maak die wonde ontsteek nie.
Van Schalkwyk het gister by navraag gesê “hy slaap nog nie lekker nie”.
“Dit was nie ’n mooi gesig nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-06-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1495 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.86/OZ UP +1.24% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.007 | Zinc US$ 2 961.50/T UP 0.46% | Brent Crude Oil US$ 86.06/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 988.06/OZ DOWN -0.0203 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1495 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.86/OZ UP +1.24% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.007 | Zinc US$ 2 961.50/T UP 0.46% | Brent Crude Oil US$ 86.06/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 988.06/OZ DOWN -0.0203