Gobabis Gymnasium vier mondigwording met smaak
Daar is heel naweek lank fees gevier in Gobabis om die 21ste bestaansjaar van Gobabis Gymnasium te herdenk
Gobabis Gymnasium het in 2021 mondig geword, maar weens die beperkinge wat die Covid-pandemie gestel het, was dit vir die skool onmoontlik om in 2021 fees te vier. Maar dis nooit te laat om partytjie te hou nie en ‘n behoorlike opskop was dit inderdaad!
Die fees het afgeskop met ‘n Duathlon Colour Festival en sokkie op Donderdag 24 Februarie 2021. Vrydag moes al die klasse volgens ‘n internasionale feestema aantrek en ‘n kreet opvoer. Die wenkreet sou deel vorm van een van die vele nuwe tradisies van Gobabis Gymnasium en die eer het die gr. 11’s te beurt geval. Daarna is daar pret-atletiek gehou met onder meer Sweedse aflos – alles in spanne van vier. Vrydagaand is afgesluit met ‘n optrede deur die gewilde sanger, Brendan Peyper.
Saterdag was daar heeldag krieket gereël deur Krieket Namibië. Daar was ook verskeie stalletjies waar gaste kon rondsnuffel en ‘n kunsuitstalling van plaaslike talent. Die gemeenskap het in volleyball en toutrek met mekaar meegeding en die aand is afgesluit met ‘n glansdinee. Ouers kon hul kinders by die skool aflaai waar hulle deur die hoërskoolleerlinge bederf is met ‘n fliekaand terwyl die gr. 10 en 12’s kelners gespeel het by die formele dinee. Sondag is die verrigtinge afgesluit met nagmaal in die N.G. Kerk Gobabis.
Wat ‘n lekker affêre was die feesnaweek nie – net wat nodig was om as gemeenskap saam te kuier en weer dankbaar te wees dat die skool kan normal funksioneer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie