Verrassingskeuses vir nuwe kabinet
Saara word dalk Speaker
'n Veteraanbankier is glo in die visier om die ministerie van finansies te lei, maar waarheen gaan Iipumbu Shiimi?
Nuusredaksie – Bespiegelinge kring uit dat die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, Namibië se volgende eerste minister gaan word, in die plek van Saara Kuugongelwa-Amadhila, wat glo oorweeg word vir die rol van Speaker.
Die nuwe kabinet sal na verwagting volgende week aangekondig word.
Volgens betroubare bronne sal Shiimi se pos by die ministerie van finansies deur Ester Kali, die uitvoerende hoof van Letshego Namibia, oorgeneem word.
Kali, wat in 2014 by Letshego aangesluit het ná ’n loopbaan van 27 jaar by FNB Namibia – waar sy laas as hoof van kleinhandel- en sakebankwese gedien het – is glo een van die agt niestemgeregtigde parlementslede wat die aangewese president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal nomineer.
“Die plan op die oomblik is dat almal wat onder die agt benoem sal word, as minister aangestel sal word omdat daar eenvoudig nie genoeg kwaliteit op die lys is wat tot die parlement verkies is nie,” het ’n bron onthul.
Pogings om kommentaar van Kali te kry, was onsuksesvol.
Shiimi het gesê hy is onbewus van die beweerde skommeling van sy rolle en het aan Network Media Hub (NMH) gesê: “Om eerlik te wees, ek is nie bewus daarvan nie.”
MEER NAME
Bronne in Swapo se binnekring het gesê die huidige lys van Swapo-lede wat tot die parlement verkies is, wek nie veel vertroue nie, wat Nandi-Ndaitwah na bewering genoop het om tegnokrate van buite die lys te soek om sleutelministeries te lei.
Onder diegene wat glo vir ministeriële posisies oorweeg word, is Charles Mubita, ’n lid van die Swapo-politburo met ’n doktorsgraad in internasionale betrekkinge van die Universiteit van Suid-Kalifornië.
Mubita, wat voorheen as die hoofbestuurder van nuus en aktuele sake by die Namibië Uitsaaikorporasie (NBC) gedien het, word na bewering die volgende minister van inligting en kommunikasietegnologie.
Mubita het egter sy verbasing oor die gerugte uitgespreek en gesê: “Ek het geen benul daarvan nie. Ek hoor dit vir die eerste keer by jou.”
Mubita was een van diegene wat tydens verlede jaar se November-verkiesing tot die parlement verkies is.
Intussen sal die huidige uitvoerende hoof van die Lüderitz Waterfront-ontwikkelingsmaatskappy, Fluksman Samuehl, na verwagting die nuwe sekretaris van die kabinet word om George Simataa, wat aftree-ouderdom bereik het, op te volg.
Samuehl het egter ontken dat hy ’n amptelike aanbod ontvang het.
“Ek is nie ’n pos as Namibië se volgende kabinetsekretaris aangebied nie,” het hy gesê.
NUWE KABINET
Die herskommeling kom te midde van beduidende veranderings binne die regerende Swapo-party.
Sowat 16 huidige ministers het nie daarin geslaag om hul herverkiesing tot die parlement te verseker nie, terwyl ander, insluitend Kalumbi Shangula (gesondheid), John Mutorwa (werke en vervoer), Doreen Sioka (geslagsgelykheid) en Calle Schlettwein (landbou), aangedui het dat hulle voornemens is om uit te tree.
Die toekoms van die minister van justisie, Yvonne Dausab, bly onseker aangesien sy nie aan die Swapo-kieskollege deelgeneem het of te kenne gegee het dat sy van enige voorneme is om uit te tree nie.
In ’n verrassende wending word die voormalige minister van grond en hervestiging, Alpheus !Naruseb, glo vir die rol van visepresident oorweeg.
!Naruseb se insluiting in Nandi-Ndaitwah se lys van tien genomineerdes vir die parlement verlede jaar was onverwags, gegewe sy bedanking in 2020 waarna hy uit die politieke kollig verdwyn het.
Die lys van nege senior ministers wat nie die parlementêre lys gehaal het nie, sluit in Peya Mushelenga (internasionale betrekkinge), Tom Alweendo (myne en energie), Itah Kandji-Murangi (hoër onderwys), Frans Kapofi (verdediging), Utoni Nujoma (arbeid), Christine //Hoebes (presidensiële aangeleenthede), Erastus Uutoni (stedelike en landelike ontwikkeling), Obeth Kandjoze (nasionale beplanning) en Anna Nghipondoka (basiese onderwys).
’n Betroubare bron het gesê: “Netumbo is werklik in ’n moeilike posisie om almal te paai, wat nie moontlik is ná Swapo se treurige vertoning in die November-verkiesing nie. Sommige van die senior ministers is aangesê om voor te berei om ambassadeurs te word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie