Topklas muurbal by Wanderers
Muurbal
'n Verskeidenheid sterk spelers vanuit vele oorde is in die loting.
Die BDO Namibiese Ope muurbalkampioenskap begin môremiddag by Wanderers in die hoofstad, waar onder andere Dené van Zyl haar 2022 vrouetitel gaan verdedig.
Amateurs sal in die A- en B-afdeling vir mans kan meeding, terwyl die amateurvroue net in die A-afdeling sake uitspook.
Van Zyl was 15 jaar oud toe sy in September 2022 vir Sharon Chimfwembe van Zambië met drie stelle in die eindstryd verslaan het. Sy het Chimfwembe met 11-2, 11-6 en 11-4 tot oorgawe gedwing om die jongste speler te word wat nóg die Namibiese Ope-titel kon opraap. Van Zyl (Westelike Provinsie) was toe die Suid-Afrikaanse nasionale o.17-muurbalkampioen.
Chimfwembe is ’n muurballegende. Sy het die Namibiese Ope vyf keer gewen en die Malawiese Ope Kampioenskap een keer. Sy was vir baie jare die Zambiese kampioen en het haar land etlike kere by die Statebondspele verteenwoordig.
Dewald van Niekerk van die Noordwes-provinsie het Jean-Pierre Brits van Gauteng-Noord met 11-4, 11-4 en 11-2 in die mansfinaal oorskadu. Van Niekerk was toe die Suid-Afrikaanse Ope kampioen.
Vanjaar bied die Namibiese Muurbalvereniging vir die eerste keer ’n professionele afdeling aan. Sestien vroue- en manspelers in die Professionele Muurballiga (PSA) gaan mekaar pak.
Die loting is verlede week gedoen en Dené van Zyl (16de gekeur) sal in die openingswedstryd teen die eerste gekeurde Menna Walid (113de op die wêreldranglys, 19 jaar oud) van Egipte te staan kom, terwyl Namibië se Max Endjala in sy eerste ontmoeting teen Kehinde Samuel Temitope van Nigerië op die baan stap.
Topgekeurde spelers van Suid-Afrika, Egipte, Kenia, Nigerië, Zambië, Zimbabwe en selfs Sri Lanka vereer die land met hul teenwoordigheid.
VIERNASIES
Volgende week volg die Visions Consulting Viernasie-toetsreeks tussen Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe in Windhoek. Die kompetisie sal van 25 tot 27 September by Wanderers plaasvind en begin elke dag 14:00.
Steven Berry van die Namibiese Muurbalvereniging het aan Republikein gesê: “Beide die vroue- en mansafdeling gaan ongelooflike spel oplewer. Dis ’n sterbelaaide program met topspelers van Egipte, Nigerië en Suid-Afrika, om net ’n paar lande te noem.
“Die vier Namibiese mans in die PSA-kompetisie is Endjala, Le-Hugo van Rooyen, Janré Olivier en Arno Diekmann wat tans in Nederland studeer. Die loting is uiters veeleisend vir beide mans en vroue. Spelers wat hul eerste wedstryd in die PSA-kompetisie verloor, gaan na die A-afdeling vir vroue en mans.
“Die Namibiese manspan vir die toetse is Endjala, Van Rooyen, Brandon Grane, Dane Greeff, Emil Dorgeloh en Christof Knoetze (reserwe).
“Ons vrouetoetsspan is Chantel de Gouveia, Lida-Marie Calitz, Carné Fourie, Adri Lambert, Carla Venter en Jacky Steenkamp (reserwe).
“Die spelers het hard gewerk en ons hoop hulle kan naam maak. Dis die eerste keer in amper tien jaar dat ons so ’n toetsreeks aanbied.
“Dit sal ’n goeie ondervinding vir ons spelers wees. Hopelik kan ons dit elke jaar aanbied, wat ongelooflike waarde tot Namibiese muurbal sal voeg. Ons hou duim vas vir die Namibiërs en hoop die mense kom ondersteun ons spelers.”
Wedstryde in die amateurafdelings begin môre en Donderdag omstreeks 10:30.
Die eerste wedstryde vir mans in die PSA-afdeling slaan môre 16:45 af, gevolg deur die tweede sessie vanaf 18:15. Vir die vroue is dit vanaf 16:00 en weer 17:30.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie