Vroue-Eagles lewer topspel
Krieket
Die Capricorn Eagles het verseker dat hulle hul reeks van ses internasionale T20-wedstryde teen die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in Doebai nie meer kan verloor nie, met net vanoggend en môre se laaste twee wedstryde wat oorbly.
Hoewel die Namibiërs laas Dinsdag hul eerste kragmeting verloor het, het hulle die volgende dag reggeruk en hul eerste oorwinning behaal. Hulle het dit Vrydag en Saterdag met nog twee opeenvolgende seges opgevolg om in die reeks met 3-1 voor te loop.
Irené van Zyl en Sylvia Shihepo het hul 50ste T20-wedstryde vir Namibië op dag twee verdien, terwyl Didi Foerster haar 50ste in die derde T20 behaal het.
Yasmeen Khan is sover die voorste speler in die reeks met 479 ranglyspunte. Sy is ook die topkolwer (144 lopies in 4 wedstryde), terwyl Victoria Hamunyela (5 paaltjies vir 44 lopies in 3 wedstryde) en Irené van Zyl (5/85 in 4 wedstryde) die topboulers is.
’n Samevatting sover:
EERSTE T20 (26 September)
Eagles (81 vir die verlies van 7 in 20 boulbeurte). VAE (100/7 in 20) klop Namibië met 19 lopies.
Die VAE-paaltjiewagter, Theertha Satish, was met 54 nie uit nie (53 balle, 3x4) tesame met 19 ekstras die skerpste doring in die Eagles se vlees.
Wilka Mwatile (19) en Irene van Zyl (18) was Namibië se beste kolwers. Victoria Hamunyela (2 paaltjies vir 19 lopies in 4 boulbeurte, 12 leëaflewering) was Namibië se voorste bouler.
TWEEDE T20 (27 Sept)
Die Eagles (114/1 in 18) klop die VAE (110/5 in 20) met 9 paaltjies.
Yasmeen Khan het ’n onoorwonne 50-tal geslaan (62* van 57 b, 5x4, 2x6), terwyl Arrasta Diergaardt (23 van 24 b, 2x4) en Wilka Mwatile (27* van 27 b, 3x4) ook goed gekolf het. Didi Foerster (2/16 in 4, 12 leë balle) en Irené van Zyl (1/13 in 4, 14 leë balle) het die VAE as bouler gehelp knak.
DERDE T20 (29 Sept)
Namibië (72/2 in 8.4) behaal sy tweede oorwinning met 8 paaltjies teen die VAE (71/8 in 20).
Yasmeen Khan (43 van 24 b, 4x4, 2x6) en Wilka Mwatile (18 nie uit nie) het Namibië se kolfbeurt gedra.
Arrasta Diergaardt (3/12 in 4, 1 leë boulbeurt, 15 leë balle) was bykans onspeelbaar en Irené van Zyl (2/14 in 4, 14 leës) was ewe dodelik. Victoria Hamunyela (1/12 in 4, 15 leës) en Wilka Mwatile (1/18 in 4, 12 leë balle) het puik ondersteun.
VIERDE T20 (30 Sept)
Die Eagles (98/5 in 20) wen met 7 lopies teen die VAE (91/9 in 20).
Yasmeen Khan met 29 lopies, Mezerly Gorases (20) en Sylvia Shihepo (25*) het die meeste lopies opgelewer.
Victoria Hamunyela (2/13 in 4, 14 leës), Irené van Zyl (1/24 in 4, 12 leës), Kayleen Green (1/15 in 4, 16 leës) en Arrasta Diergaardt (1/17 in 4, 10 leës) was ongenaakbaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie