Ma vra hulp vir haar seun
Skenkings gevra
'n Ma vra ander se ondersteuning om haar in staat te stel om haar seun se mediese kostes te dek.
’n Ma wat bekend is vir haar gemeenskapswerk in Swakopmund, is op soek na hulp in die vorm van klere of ander skenkings wat sy kan verkoop om vir haar seun se mediese uitgawes te betaal.
René Genis se seun Terence van Rooyen is sedert geboorte siek.
“Hy het bakteriële breinvliesontsteking op die ouderdom van 10 dae opgedoen. Daarna het dinge werklik uitdagend geword. Hy het sy ontwikkelingsmylpale alles eers in ’n latere stadium bereik en was 9 toe hy met sy skoolloopbaan kon begin.”
Toe hy 16 was, het Terence geelsug gekry wat hom baie siek gemaak het, en op 18 is hy met suikersiekte gediagnoseer wat meebring dat hy twee keer per dag met insulien ingespuit moet word.
“Die inspuitings kos ons elke maand N$1 000, en al werk ek en my seun albei, kan ons nie ’n mediese fonds bekostig nie.”
“’n Paar maande gelede het Terence weer siek geword en is in ’n verswakte toestand in die hospitaal opgeneem. Die dokter sê hy het ’n infeksie in sy lewer en ervaar ook bloeding. Ons het dringend geld vir medikasie en ’n sonar nodig.”
René sê ondanks al die uitdagings het haar seun nooit moed opgegee nie.
Nou maak René en Terence ou klere en ander items bymekaar om te verkoop in ’n poging om geld in te samel.
“Ons het ’n ‘boot sale’ gehou en ’n bietjie geld gemaak. Ons beplan ook om ’n musiekvertoning aan te bied en kaartjies te verkoop om ’n ekstra paar dollar in te win. Ek wil nie vir geld bedel nie. Al wat ek vra is skenkings, soos klere, skoene, kombuistoebehore en dies meer wat ek weer kan verkoop.”
Ondersteuning
René en Ryno du Plessis het voorheen geleenthede aangebied om geld in te samel ten bate van plaaslike inwoners wat mediese behandeling benodig.
Hulle is tans besig om ’n vertoning in Windhoek te reël ten bate van bejaardes en ook om komberse en warm klere in te samel vir diegene wat deur die koue geraak word.
Die twee beoog om ’n organisasie, “Erongo’s loving hands” te stig. “Ons doel is om geleenthede aan te bied ten einde ondersteuning aan individue te verskaf.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie