Neem deel aan gesprek oor Afrika-letterkunde
Die 23ste uitgawe van Virtually Yours, ’n reeks aanlyn gesprekke wat die Goethe-Institut met die bekroonde skrywer Zukiswa Wanner aanbied en waartydens komtemporêre Afrika-letterkunde bespreek word, vind môre plaas.
Die eregas by die jongste uitgawe is Sukoluhle (Sue) Nyathi, wat in Bulawayo gebore en getoë is en nou in Suid-Afrika woon. Sue is die skrywer van drie gepubliseerde romans: The Polygamist (2012) The Gold Diggers (2018) en A Family Affair (2020). Sy het onlangs ’n bloemlesing getiteld When Secrets Become Stories, Women Speak Out (2021) geredigeer, wat ’n samestelling is van niefiksie-essays rondom die tema van geslagsgegeweld (GBV).
An Angel’s Demise, Sue se vierde roman, is ’n aangrypende verhaal deurspek met spiritualiteit. Dit vertel ’n dinamiese verhaal van liefde, oorlog, bloed en verraad wat ’n ontstellende geskiedenis insluit, die wrede onvoorspelbaarheid van politiek, GBV en wat gebeur wanneer gewone mense in leuens vasgevang word.
Verseker jou plek by Virtually Yours deur te registreer by https://us06web.zoom.us/.../tZEtf en staan die kans om ’n eksemplaar van An Angel’s Demise te wen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie