Helpende hand vir jong kwesbares
Elisabeth Petrus, ‘n onderwyseres by die Omalunga-skool op Grootfontein gee reeds sedert 2017, en dikwels uit haar eie sak, kos vir die dorp se kwesbare- en weeskinders.
"Soms daag meer as honderd kinders op. Baie van hulle loop langer as 'n uur hierheen, net vir 'n snytjie brood en 'n glas koeldrank," het sy onlangs tydens die bekendstelling van ‘n nuwe perseel vir ‘n beoogde kinderontwikkelingsentrum gesê.
Petrus is die stigter van die Victory Children Community Development Centre, ‘n niewinsgewende organisasie waar sy hoop om 'n sopkombuis vir die kinders te begin. Hier wil sy ook vir hulle 'n biblioteek vestig en hulle opleiding in basiese rekenaarvaardighede gee.
Grootontein se munisipaliteit het onlangs ‘n erf vir die ontwikkelingsentrum aan haar toegeken – maar daar moet wel vir die erf betaal word.
Sy sê dit was 'n lang pad tot hier, waar haar uitreik-aksie aanvanklik onder 'n boom begin het. Sy hoop om genoeg donateurs te kry om werklik 'n verskil te kan maak in hierdie kinders se lewens.
Elisabeth kan by 081 808 7265 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie