Kommunikasietoerusting en nog meer

Desiree Gases
Onduradio is ’n familiewinkel op Outjo wat in 1976 deur Kosie du Buisson gestig is. Hy was een van die pioniers van tweerigtingkommunikasie in Namibië in die 1970’s en ‘80’s.
In 2002 is die besigheid aan Tiaan Greyling verkoop, wat destyds ’n werknemer van Onduradio was.
Namate die tye en tegnologieë verander het, het Onduradio wegbeweeg van tweerigtingkommunikasie na die selfoon- en IT-besigheid. In die 2000’s het Onduradio saamgesmelt met Lizarney’s, wat deur Elize Greyling besit word, wat toe die twee besighede weer in familiebesit gebring het.
Die besigheid beskik oor ’n reeks goedere vir die reisiger en toeris, wat wissel van kameras en bykomstighede tot verkykers en Garmin GPS’e. Sover hul produkte en dienste betref, spog Onduradio met ’n wye reeks. Hul vernaamste produkkategorieë is selfone, selfoon-bykomstighede, rekenaars, drukkers, IT-toerusting, bykomstighede en skryfbehoeftes.
Hulle verkoop egter ook oudiovisuele produkte soos televisies, Bluetooth-luidsprekers en bied geskenkidees vir mans en vroue.
Onduradio het kliënte landwyd en stuur gereeld hul items met Hardap Freight Services of ’n koerier na ’n adres van die kliënt se keuse.
“Ons bedryf ook ’n kopieerwinkel en ons kan dokumente lamineer. Ons druk, skandeer en bind ook dokumente vir ons kliënte,” het Tiaan gesê.
“Onduradio het ook ’n fotokiosk waar ons kliënte hul fotoherinneringe vanaf digitale media en selfone kan druk, of hul ID-foto’s kan neem en druk.”
Onduradio voorsien tans werk aan ses personeellede. In die toekoms beplan hulle om die besigheid op te knap om dit ’n nuwe, meer moderne voorkoms te gee. Hulle is ook besig om ’n aanlyn-teenwoordigheid op te stel om hul produkte landwyd via die internet te verkoop.
Deur die jare heen het Tiaan verskeie uitdagings in die gesig gestaar. “Die huidige ekonomiese toestand en die Covid-inperkings het erge finansiële druk op die besigheid geplaas, maar ons is vol vertroue dat ons kan herstel en die besigheid weer kan laat groei,” sê hy.
Onduradio is in Outjo se hoofstraat, Sam Nujoma-rylaan, geleë. Enigiemand wat belangstel, kan hul Facebook-blad (Onduradio) volg waar die jongste inligting oor nuwe produkte en dienste gereeld geplaas word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!