‘Regering moet beheer oor hulpbronne neem’
10%-tantième 'n 'grap'
Onder die regte leierskap kan Namibië die mees welvarende land op die Afrika-vasteland word, het die raadslid, Paulus Mbangu, gesê.
Kenya Kambowe
’n Raadslid vir die Rundu landelike kiesafdeling, Paulus Mbangu, sê Namibië het nie vir onafhanklikheid geveg net sodat die land se minerale hulpbronne deur multinasionale maatskappye ontgin kan word in ruil vir ’n skamele 10%-aandeel nie.
Hy het die naweek tydens ’n laat onafhanklikheidsviering by die dorp Manwangombe gesê ’n 10%-belang is ’n “grap” en bygevoeg dit is tyd dat die regering beheer oor die land se hulpbronne neem.
“Dit is ons Godgegewe hulpbronne en dit moet die Namibiese mense bevoordeel, nie buitelandse uitbuiters nie.
“Daar mag geen ontginning van hulpbronne wees sonder ons betrokkenheid nie. Die tantième van 10% wat beleggers aan die regering betaal, is ’n grap. Dit moet verhoog word,” het Mbangu gesê.
“Multinasionale maatskappye is in beheer van ons myne, banke en selfs ons landbousektor. Ons moet ophou kniel voor neo-kolonialisme en imperialisme.
“Ons weier om te glo dat ons nie ons eie hulpbronne kan bestuur nie. Ons het hierheen gekom om elke Namibiër te herinner dat die opofferings van ons helde en heldinne nooit verraai moet word nie. Met die regte leierskap kan Namibië die mees welvarende land op die Afrika-vasteland word,” het hy gesê.
“Namibië het ’n oorvloed in natuurlike hulpbronne. Diamante, uraan, koper, magnesium, sink, silwer, goud, lood, halfedelgesteentes en industriële minerale word in Namibië geproduseer. Ons behoort in beheer van ons eie hulpbronne te wees.”
NASIEBOU
Terwyl oorweldigende uitdagings die land in die gesig staar, moet nasiebou seëvier om dit die hoof te bied, het hy bygevoeg.
Hy het aangevoer Namibië kan beter vaar in dié aspek.
“Terwyl ons worstel met die veelvuldige kwessies wat ontstaan uit die skokke van ons onderwysstelsel; gebrek aan toegang tot gesondheidsgeriewe – veral vir die mense in landelike gebiede; die ekonomiese situasie wat ’n harde slag toegedien is; en die natuurramp van droogte, moet ons onsself daaraan herinner dat ons beter kan doen. Nasiebou is ’n nimmereindigende taak en positiewe resultate verg ernstige toewyding,” het die raadslid gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie