Van links staan mnr. Prashant Agrawal, Indië se hoë kommissaris in Namibië; dr. Itah Kandjii-Murangi, minister van hoër onderwys, tegnologie en innovasie; dr. Erold Naomab (Nust se adjunkkanselier); prof Dharm Singh Jat, Unesco-hoof van veilige hoëprestasie-rekenaarstudies vir hoër onderwys en navorsing, Nust; dr. Hilma Rantilla Amwele, Unesco-hoof van volhoubare waternavorsing vir klimaatsaanpassing en soutlandbou in droë omgewings, NUST; Vader Roderick April, sekretaris-generaal van die Namibië Nasionale Kommissie vir Unesco. Foto NUST
Van links staan mnr. Prashant Agrawal, Indië se hoë kommissaris in Namibië; dr. Itah Kandjii-Murangi, minister van hoër onderwys, tegnologie en innovasie; dr. Erold Naomab (Nust se adjunkkanselier); prof Dharm Singh Jat, Unesco-hoof van veilige hoëprestasie-rekenaarstudies vir hoër onderwys en navorsing, Nust; dr. Hilma Rantilla Amwele, Unesco-hoof van volhoubare waternavorsing vir klimaatsaanpassing en soutlandbou in droë omgewings, NUST; Vader Roderick April, sekretaris-generaal van die Namibië Nasionale Kommissie vir Unesco. Foto NUST

Unesco-hoofde sal wetgewers beter inlig

Navorsing 'n topprioriteit
Dr. Itah Kandjii-Murangi – Minister van hoër onderwys, tegnologie en innovering – "Dit is geen geheim nie dat Namibië een van die lande is waarin uiterste waterskaarste, energie- en voedselonsekerheid probleme skep."
Dr. Hilma Rantila Amwele en prof. Dharm Singh Jat, beide verbonde aan Nust, is onlangs as die Unesco hoofde van volhoubare waternavorsing vir klimaatsaanpassing in soutboerdery in droë omgewings en veilige hoëverrig rekenaarstudies vir hoër onderrig en navorsing aangewys.

Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) in samewerking met die Verenigde Nasies Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) het hierdie aanstellings gedoen.

Die adjunkkanselier vir Nust, dr. Ernold Naomab, glo hierdie prestasie is ’n pluimpie vir die universiteit en hy reken dit plaas Nust in ’n unieke posisie om waarde by hierdie inisiatief te voeg.

“Nust is in ’n baie strategiese posisie om die hoofde verby blote akademie te neem en in ’n meer implementerings-gebaseerde rigting in te neem waar hulle inligting kan verskaf wat tot die aanpassing van wetgewing kan bydra,” sê Naomab.

Die minister van hoër onderwys, tegnologie en innovering, dr. Itah Kandjii-Murangi, sê hierdie onderneming is bloot nog ’n stap om Namibië in lyn te bring met die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) asook met nasionale ontwikkelingsdoelwitte.

“Dit is geen geheim nie dat Namibië een van die lande is waarin uiterste waterskaarste, energie- en voedselonsekerheid probleme skep.

“Om dié rede is hierdie hoofde se taak van kritiese belang om fundamentele navorsing te doen en besluitnemers in te lig oor hoe om die toekenning van hulpbronne te prioritiseer,” het Kandjii-Murangi gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!