Die hemel het geen perke
Maak skooluniforms in Groot Aub
Sky Dreams Investment het groot planne vir dié klein dorp.
“My suster Theresia Moetie het met ’n projek begin om vroue in Groot Aub te bevorder en te bemagtig. Hulle het funksies aangebied om geld vir die projek in te samel en so het sy die eerste naaldwerkmasjien gekoop.
“Sy het begin om die vroue op te lei en hulle het met die raadslid se seën begin om skooluniforms te maak,” het Stephné Mouton gesê.
Sy hou tans toesig by Sky Dreams Investment en is ook verantwoordelik vir die evaluering.
Theresia het ’n jaar gelede dié maatskappy gestig en gevolglik ook uitgebrei.
“Ons maak skooluniforms en sweetpakke vir die twee skole in Groot Aub. Ons het ook al navrae van ander skole in die land gekry. Daar is tans vier vroue en een man wat die klere maak en in totaal werk 14 mense by Sky Dreams. Almal is entoesiasties en wil graag leer. Ons maak foute en struikel maar ons staan weer op, want die belangrikste is om nie te bly lê nie,” het sy gesê.
Die produksiedirekteur, Albertus Visagie, sê Theresia het op die naam Sky Dreams besluit omdat die hemel nie enige perke het nie.
“Die hemel is die mikpunt, maar jy moet weet daar is eindelose moontlikhede daarnatoe. Niks kan ons keer nie. Ons het die krag en vermoë van ons Skepper ontvang en dit maak nie saak watter uitdagings ons pad kruis nie, ons sal dit oorbrug en die onmoontlike bereik.”
SKY DREAMS
Hulle is tans besig om ’n nuwe gebou op te rig wat ook ’n skryfbehoefte-afdeling sal huisves.
“Ons verhuur ook onder meer stoele, tafels, tente, glase en borde vir funksies uit. Ons kan ook etes vir funksies verskaf, die funksie vir jou reël en al die dekor voorsien. Ons verhuur ook die gebou uit.
“Ons bied ook administratiewe dienste. Dit beteken ons help mense met onder meer hulle CV’s en sakeplanne. Ons kan ook dokumente kopieer en bied ook opleiding aan.
“Ek is ’n goeie opleier en mense kan in die toekoms ook van my dienste as ’n opleier gebruik maak. Dit is wat Sky Dreams alles doen behalwe skooluniforms maak,” het Stephné gesê.
“Ons motto is jy droom, ons skep, ons voorsien. Sê net wat jy benodig en ons kan dit vir jou gee.”
VISIE
“Ons wil ’n ekonomiese spilpunt word en betrokke raak by sakebedrywighede wat bydra tot die ekonomiese ontwikkeling van die platteland rondom Windhoek en sy inwoners.
“Hier is baie mense in Groot Aub en die omgewing wat kennis het en goed kan doen, maar hulle het nie die nodige aanvangskapitaal nie. Ons wil daar help en help met die aanvangskapitaal.
“Ná die voltooiing van ons nuwe gebou wil ons stalletjies oprig waar mense hulle produkte kan maak en verkoop om hulself in die mark te vestig. Dan wanneer hulle op hulle voete is, kan hulle gaan en die volgende mense oplei,” het Albertus gesê.
Sky Dreams wil op die vervaardiging van bekostigbare pasgemaakte produkte fokus.
“Ons wil gehalteprodukte en -dienste verskaf. Ook die naverkopediens is uiters belangrik. Dit kan wees dat jy nie met die produk tevrede is nie, dan bring jy hom terug en ons sal seker maak dat jy tevrede is. Ons kliënte is die sleutel wat ons help om ons visie te bereik,” het Albertus gesê.
Soos die besigheid groei wil hulle ook nog mense oplei om naaldwerk te doen.
“Ons mag jou dalk nie nou nodig het nie, maar as jy reeds die opleiding agter jou rug het en ons is op soek na naaldwerksters, is jy eerste op ons lys.
“Ons wil mense nou oplei met die hoop soos ons groei, ons hulle in diens kan neem en daardeur kan bemagtig en die hele dorp en omgewing bevorder,” het Albertus gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie