Hoe eet jy ’n olifant?

Mandy Rittmann
Otjiwarongo Hoërskool se klas van 1983 skryf:

Die 1983-matrikulante van Otjiwarongo Hoërskool hou op 17 en 18 Maart reünie. As ysbreker gaan ons ’n “o-is-dit-hoe-jy-nou-lyk”-braai hou. Ons alma mater besoek, vlag hys, weer ons skoollied sing en op “onthou-jy-nog” se paaie loop. Natuurlik gaan onnie-stories opgediep word, van die wat ons lewens op positiewe sowel as op ’n negatiewe wyse beïnvloed het.

’n Unieke en innoverende groep is ons beslis. Elkeen het op hul eie unieke manier ’n bydrae in hul gemeenskap, gesinne en ander se lewens gemaak.

Onder ons geledere tel ’n internasionaal-bekende filmmaker, ’n bekroonde joernalis, ’n internasionale televisie-rugbyskeidsregter, ’n dokter, ’n prokureur en ’n regter in die hooggeregshof in Namibië.

Baie het suksesvolle entrepreneurs geword, terwyl ander hulself in die finansiële wêreld onderskei het. Daar is vier boere in ons geledere en ’n mens wonder watter onderwysers was die inspirasie vir die nie minder nie as sewe onderwysers wat ons jaargroep opgelewer het. Een onderskei homself en ontvang die Mark Schuttelworth Aggrey Klaaste-toekenning vir beste onderwyser in wetenskap en tegnologie in die Noord-Kaap en behaal ’n 2de plek op nasionale vlak. Ons spog ook met ’n juwelier, terwyl ander betrokke is met sekuriteit en teenmisdaad-inisiatiewe en die beskerming van renosters.

In iemand se hart word ’n saadjie geplant. “Kom ons ploeg terug in ons skool”. Die saadjie ontkiem en soos jy kan sê “mes”, is die eerste N$10 000 inbetaal. Hierdie reusebydrae is gemaak deur Harrold Page wat reeds in 1981 na ’n ander skool toe is.

Die oogmerk van die geldinsameling is om fondse vir die opknapping van die skoolsaal en die gimnasium in te samel. Hierdie Matriekgroep het nog nooit vir ’n uitdaging geskrik nie. In 1981 het Otjiwarongo Hoërskool ’n geldinsameling van stapel gestuur om ’n nuwe skoolbus te koop. Ons was in standerd 8. Ons het berge koeksisters en hope pannekoeke gebak, ’n ‘straatkafee’ begin, waar daar woes melkskommels gemaak is. Familielede is gesmeek vir geld en een van ons het tot die destydse skoolhoof, mnr. Wasserfall se geliefde hond ontvoer en hy moes sy hande diep in sy sak steek om sy brak terug te kry. Ons het die meeste geld ingesamel en so ’n reusebydrae gelewer om ’n splinternuwe skoolbus “cash en kontant” te koop.

Hier staan weer ’n olifant voor ons deur. Ons het hulp nodig om hom te “eet”. Hiermee doen ons ’n beroep op mense om asseblief ’n skenking vir hierdie projek te maak.

As deel van ons 1983-groep se geskenk aan die skool, het een van ons maters gratis internetverbinding vir twee jaar met die maatskappy XCOM vir die skool beding. Johan Potgieter, die eienaar van XCOM het hierdie skenking aan Otjiwarongo Sekondêre Skool gemaak. Dit bring mee 20 MB onbeperk, sowel as gratis onderhoud en bystand vir twee jaar. Hierdie pakket ter waarde van N$70 000 is ’n groot opgradering van die bestaande kapasiteit van 2 MB.

Enige bydrae sal opreg waardeer word. Die gesigte van die kinders en onderwysers het verander, maar daar is nog steeds onderwysers wat inspireer en kinders met toekomsdrome nes ek en jy gehad het. Ons mag nie die rol van ’n vriendelike, estetiese leeromgewing onderskat nie.

Skenkings kan in die onderstaande rekening betaal word.

1983 Matrics

Rekeningno: 11990657558

Nedbank: Walvisbaai

Vir meer inligting, kontak die skoolhoof van Otjiwarongo Sekondêre Skool.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!