'Ons sien uit om jou weer te sien'
Henriette Lamprecht – Altyd gereed om ou rekenaars en hekmotors uitmekaar te haal en nuwe dinge te bou.
Saterdagmiddag was die 17-jarige Benn Visser saam met een van sy beste vriende besig om dit te doen waarvoor hy baie lief was – allerhande eksperimente en uitvindsels, sê sy pa, Leon. Nuwe planne en idees en rustig saam met sy ouers by die huis.
“Die onbeplande gebeur met een van hul eksperimente en ‘n klein stukkie metaal wat in sy bors skiet en inwendige bloeding veroorsaak waaraan hy baie vinnig beswyk het.”
Benn as seun, broer en kleinseun was ook ’n vriend van baie, sê Leon en was as te ware ’n seun in baie se huise.
Altyd gereed vir avontuur en speletjies. Gereed om te help en baie betrokke by die kerk se jeug en klank waar Leon in diens van die Agapé-kerk in Windhoek staan.
“In ons gemeente-familie los Benn ook ‘n reuse-leemte.” Hy vertel van die spesifieke dag wat sy seun met trane vir hom gesê het hy wil sy hart vir die Here gee en dit met oorgawe gedoen word. Benn sou ook later in ’n plaasdam gedoop word.
“Benn, jy het ons vooruit gegaan. Ons salueer jou! Ons eer jou lewe! Ons sien uit om weer te sien!”
Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie