Dame Prue Leith, wêreldbekende sjef en stogter van die Prue Leith Kulinêre Instituut het aan Janine van Zyl die Prue Leith tsonderlike Alumni-toekenning oorhandig. Foto verskaf
Dame Prue Leith, wêreldbekende sjef en stogter van die Prue Leith Kulinêre Instituut het aan Janine van Zyl die Prue Leith tsonderlike Alumni-toekenning oorhandig. Foto verskaf

Windhoeker ontvang gesogte toekenning

'Ek sou dit nooit kon droom'
Die Prue-Leith Uitsonderlike Alumni-toekenning is die nuutste toevoeging tot haar lang lys van besondere prestasies.
Iréne-Mari van der Walt
’n Windhoeker is verlede week met die Prue Leith Uitsonderlike Alumni-toekenning vereer nadat sy haar studies in 2011 aan die Prue Leith- kulinêre instituut voltooi het.

Die bekende sjef en Top Chef Suid-Afrika-beoordelaar, Lesego Semenya (bekend as LesDaChef), asook die outeur van Hunger for Freedom, Nelson Mandela se kosmemoir, Anna Trapido, het beide al dié toekenning ontvang.

Janine van Zyl is oorspronklik van Namibië en het haar skoolloopbaan by Windhoek Hoërskool voltooi voor sy haar loopbaan by die kulinêre instituut begin het.

Vandag is sy ’n gekwalifiseerde sjef, sommelier en wynbeoordelaar, en het ook aan die Ubuntu Challenge deelgeneem. Twaalf sommeliers van Suid-Afrika en Zimbabwe het bymekaar gekom om hul wynkennis te beproef. Dit sluit ’n uitmergelende teorie-eksamen, asook ’n proe- en-paar-uitdaging in.

“Om eerlik te wees het ek absoluut niks van wyn af geweet voordat ek by die Prue Leith- kulinêre instituut begin studeer het nie. Ek wou eintlik net die kosgedeelte van die kursus doen, maar die sommerlier-deel was verpligtend. Ek sal dit nooit vergeet nie, in my eerste wynklas toe die Kaapse wynmeester van Sauvignon Blanc en Cabernet Sauvignon gepraat het, het ek nie ’n idee gehad waarvan hy praat nie,” het sy gesê.

“Hy vra toe vir my wat ek met verskillende wildspesies in die kombuis sal doen. Hy het verduidelik wyn bestaan ook uit verskillende spesies/kultivars met verskillende eienskappe en dat verskillende kultivars vir verskillende doeleindes gebruik kan word – en toe het die gogga gebyt.”

Buiten vir Janine se alumni-toekenning, het sy ook verskeie saketoekennings gewen – hoofsaaklik vir haar besigheid Cold Gold wat in die Kaap gebaseer was, maar wat tydens die pandemie sy deure moes sluit.

Sy het Cold Gold op die ouderdom van 20 geopen nadat sy besluit het om roomys met geen kunsmatige kleur-, geur- of preserveermiddels te maak en te verkoop.

Janine is in 2014 as Hullets se Jong Soetbakker van die Jaar aangewys en die volgende jaar as die Suid-Afrikaanse Klein Sakekamer se beste jong entrepreneur. In 2016 het die Fast saketydskrif Cold Gold as sy mees innoverende onderneming van die jaar vereer.

“Ek sou dit nooit kon droom toe ek op 18 begin swot het nie. Toe ek by Prue Leith begin swot het, wou ek net fynproewerskos maak – tot ek besef het hoeveel ure dit in beslag neem, teen min vergoeding. Dit is een van die redes hoekom ek Cold Gold begin het, maar ek het nooit gedink die lewe sou so uitdraai nie,” sê sy.

Tans is Janine besig met haar Kaapse Wynmeesterskwalifikasie waarvoor sy besig is om ’n tesis oor wynbemarking in die digitale wêreld te skryf.

Sy leef ook voltyds haar passie vir kos en wyn uit deur verskeie projekte aan te pak.

Janine doen onder meer vryskutwerk vir ’n wynbemarkingsagentskap, reël wynkompetisies op die internasionale verhoog en lewer ’n bydra tot die Verenigde Koninkryk (VK) se Three Wine Men se digitale wynwebinaars.

Boonop is sy ook ’n gesogde wyn- en kosbeoordelaar.

“Wat mense nie verstaan nie, is dat dit nie altyd net pret is om 120 wyne of spiritus op ’n dag te proe nie. Dit verg baie konsentrasie, ervaring, kennis en geen vooroordeel nie. Ek mag byvoorbeeld dalk nie van ’n soet sider hou nie, maar daar is ’n mark daarvoor, so ek moet die sider beoordeel volgens kleur, geure, smake, teksture en of alles in balans is. Ek moet dit beoordeel vir wat dit is, en mag dit nie minder ag omdat ek nie van ’n soet sider hou nie. As jy enigiets beoordeel mag niks uitstaan nie. Dit moet soos 'n simfonieorkes als saamwerk.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!