Een sterfte, agt nuwe gevalle
Die dood van 'n 48-jarige vrou van Engela sonder enige onderliggende mediese toestande het die aantal Covid-19-sterftes tot 4 020 laat styg. Gister is agt nuwe gevalle aangemeld, waarvan vier leerlinge is. Dit dui op 'n positiwiteitskoers van 1,5%. Die aktiewe gevalle staan tans op 195 waarvan 11 in die hospitaal is. Geen van die gevalle is tans in die intensiewesorgeenheid nie. Tot op hede het 460 283 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 394 695 (22,2% van die geraakte bevolking) ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 97,4%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie