Kinders se beste kans op gesonde lewe
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het binne ’n jaar verseker dat alle geskikte MIV-positiewe kinders en tieners in die land toegang tot nuwe medikasie vir kinders het. Die medikasie bevat ’n produk, dolutegravir (ook bekend as DTG) wat studies toon is meer doeltreffend om MIV te behandel, minder geneig om newe-effekte te voorsaak, is maklik om te neem en proe ook beter. Die bekendstelling van die nuwe medikasie in Namibië is moontlike gemaak deur samewerking tussen die ministerie en vennote soos die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en –voorkoming (CDC) en die Amerikaanse agentskap vir Internasionale ontwikkeling (USAID) deur finansiering van die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar). Die Amerikaanse regering was deurgaans betrokke by die proses en vanaf die aanvanklike aankoop van die medikasie tot die ontwikkeling van onderrigmateriaal en opleiding, sowel as intensiewe tegniese bystand.
“Om DTG-gebaseerde medisyne vir kinders en tieners te verskaf wat met MIV saamleef, is lewensveranderend. Kinders verdien die beste kans om ’n lang, gesonde en gelukkige lewe te lei,” sê die CDC se direkteur in Namibië, dr. Brian Baker.
Met betrekking tot uitdagings in die behandeling en versorging van bogenoemde groep, sê Baker meer gesondheidsdiensverskaffers moet opgelei word om aan kinders te verduidelik hoekom hulle die medikasie moet neem en waarom dit belangrik is om dit elke dag te doen. Ondersteuning moet aan ouer tieners gegee word om ’n leierskapsrol in te neem om ander MIV-positiewe kinders en tieners te ondersteun, terwyl ondersteuningsgroepe vir ouers en versorgers gestig moet word.
“Om kindervriendelike gesondheidsorg te voorsien, beteken om sorg te verskaf op ’n manier wat by hul behoeftes pas. Dié groep moet vir die res van hul lewens medikasie neem. Deur die virus onopspoorbaar in hul liggame te hou, kan hulle gesond bly en dit nie na ander mense oordra nie. Wanneer ons hul behandelingsprogram tydens hul kinderjare optimaal gebruik, help ons om die volgende genearsie van volwassenes, leiers, ouers, vriende en familie die beste moontlike kans op sukses te gee,” het Baker gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie