PEPFAR to commit N$1.6 billion during current COP season.edited
PEPFAR to commit N$1.6 billion during current COP season.edited

Pepfar beloof nóg N$1,6 miljard

Bied volgehoue ondersteuning
Die gesondheidsminister sê die ministerie bly toegewyd om MIV/vigs te takel soos enige ander siekte.
Iréne-Mari van der Walt
Elizabeth Joseph - Die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) het gister sy 20ste bestaansjaar in Windhoek gevier, saam met die Amerikaanse globale vigskoördineerder, ambassadeur dr. John Nkengasong.

Hy het by die geleentheid gesê Pepfar sal N$1,6 miljard aan Namibië se MIV-voorkomings-, sorg- en behandelingsprogramme bewillig.

“Oor die afgelope 18 jaar het Pepfar meer as N$27 miljard belê en sal nog N$1,6 miljard bewillig. Ons gebruik dié syfers om jou te verseker wanneer ons volhoubaarheid bespreek, dit nie in die lig daarvan is dat ons ’n program oorhandig nie, maar in die gees van gesamentlike verantwoordelikheid en aanspreeklikheid terwyl ons verby 2023 beweeg,” het Nkengasong gesê.

Die ambassadeur het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se lof besing om sy 90-90-90-doelwit te bereik en gesê Namibië vorder goed om ’n 98-98-98-doelwit teen 2030 te behaal.

Namibië mik tans om ’n 95-95-95-doelwit teen 2025 te bereik. Dit behels dat 95% van alle inwoners wat MIV-positief is, geïdentifiseer word, 95% van hierdie individue antiretrovirale behandeling ontvang en dat in 95% van dié wat behandel word, die virus onderdruk is – wat hulle in staat stel om ’n normale lewe te lei.

“Ons wil nie net die vordering vier wat julle gemaak het nie, maar ook leer uit julle merkwaardige suksesse in hoe die program gevorder het,” het hy bygevoeg.

ALTYD GEREED

Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het gesê die ministerie bly toegewyd om MIV/vigs te takel soos enige ander siekte.

“Wie ook al ons diens benodig, sal dit ontvang. Die ministerie waardeer Pepfar se volgehoue ondersteuning vir die voorkoming, versorging en ondersteuning van tuberkulose en MIV/vigs sowel as ander ingrypings om die gesondheidstelsel te versterk,” het Shangula gesê.

Hy het bygevoeg sedert Pepfar se ondersteuning vanaf 2004, het Namibië se MIV/vigs-voorkomings- en sorgprogramme gegroei tot “volwaardige” vennootskappe.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!