Verpleegsters breek glo pasiënt se arm
Sonder diagnose na saal vir geestesongesteldes
Een van die leerlingverpleegsters het sy regterhand met soveel geweld gedraai dat sy arm gebreek het.
Henriette Lamprecht – ’n Epilepsielyer van Rundu wat so hardhandig deur personeel in die staatshospitaal behandel is dat sy arm gebreek het, is ook sonder diagnose na ’n saal vir geestesongesteldes verskuif.
Kaliye David Changano, ’n motorwerktuigkundige van die Kaisosi-nedersetting in Rundu, sê in sy eedsverklaring die gewraakte voorval het op 1 Julie 2019 omstreeks 15:00 by die staatshospitaal op die dorp plaasgevind toe hy hardhandig deur ses opleidingsverpleegsters en ’n geregistreerde verpleegster behandel is.
Changano is op 30 Junie in die hospitaal geneem. Die volgende dag is sonder ’n dokter se diagnose of ’n voorskrif, besluit hy is geestesongesteld en moet vervolgens ’n inspuiting hiervoor kry en na die saal oorgeplaas word wat geestesongestelde pasiënte huisves.
Changano sê hy het dit duidelik aan die betrokke personeel gemaak dat hy nie een is nie en het ook geweier om die inspuiting te ontvang.
Ten spyte van sy verweer het twee van die leerlingverpleegsters sy arms agter sy rug vasgedruk, nog twee het elk op sy rug getrap om hom op die grond vas te pen, terwyl twee ander sy bene vasgedruk het. Die geregistreerde verpleegster het volgens Changano die spuit toegedien.
Tydens die voorval sê hy het een van die leerlingverpleegsters sy regterhand met soveel geweld gedraai dat sy arm gebreek het.
Ten spyte daarvan dat hy “van die pyn geskree en gesmeek het om alleen gelaat te word”, is die inspuiting steeds toegedien en is Changano na die saal vir geestesongestelde pasiënte geneem.
Changano was van 15:00 tot 15:30 in die betrokke saal, totdat daar opdrag gegee is dat hy na die mansaal oorgeplaas word.
Volgens hom het hy tot ongeveer 17:00 aan personeel gesê hy is in geweldige pyn en gevra dat sy gebreekte arm behandel word. Hy is toe uiteindelik vir X-strale geneem wat bevestig het dat sy arm gebreek was.
Changano se arm was tot 28 September in gips, met laasgenoemde wat twee keer vervang moes word, aangesien sy arm nie herstel het nie.
Volgens hom kon hy vir maande nie slaap nie en kon hy ook nie vanaf Julie 2019 tot September 2019 sy beroep as werktuigkundige beoefen nie. Changano eis N$250 000 in skadevergoeding vir onder meer pyn en lyding en onmenslike en vernederende behandeling.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie