ACC se ondersoek wéér bevraagteken
Wetlikheid onder die vergrootglas
In die saak waar die aanklaer-generaal 'n voorlopige beperkingsbevel bekom het om die Fishrot-beskuldigdes se bates te bevries, is die ondersoek en bewyse waarop sy steun nou onder die loep.
Drie van die Fishrot-beskuldigdes het in ’n tussentydse aansoek die Poca-saak aanhangig gemaak, nadat dit tydens hul onlangse aansoek om borgtog aan die lig gekom het die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het na bewering nie die gesag gehad om klagtes ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca) te ondersoek nie.
Die aanklaer-generaal (AG), adv. Martha Imalwa, het die saak teen die Fishrot-beskuldigdes aanhangig gemaak en ’n voorlopige beperkingsbevel, wat gelei het tot die beslaglegging en bevriesing van hul bates, is in November 2020 uitgereik.
Die saak kom tans in die hoërhof in Windhoek voor en die ACC se ondersoek en die bewyse waarop Imalwa se aansoek geskoei is, is tans onder die loep.
ONDERSOEK GLO ONWETTIG
Regter Orben Sibeya het op 31 Maart aan mnre. Ricardo Gustavo, Tamson Hatuikulipi en Bernhard Esau toestemming gegee om aanvullende beëdigde verklaring in te dien, nadat hulle Imalwa se aansoek teengestaan het.
Die aanvullende verklarings het voortgespruit uit die kruisondervraging van die ACC se hoofondersoekbeampte, Andreas Kanyangela, tydens Februarie en Maart vanjaar in die aansoek om borgtog van ses van die Fishrot-beskuldigdes.
Mnre. James Hatuikulipi, Sacky Shanghala en Pius Mwatelulo se regsverteenwoordiger, senior advokaat Vas Soni (SC), het tydens die borgtogaansoek die onwettigheid van die ACC se ondersoek uitgewys.
In sy Poca-aansoek beweer Gustavo dié onwettige ondersoek het tot die voorlopige beperkingsbevel gelei.
“Dit het tydens die borgtogaansoek, die getuienis van Kanyangela en sy uitgebreide kruisondervraging aan die lig gekom dat die ondersoek – wat die voorlopige beperkingsbevel tot gevolg gehad het – op 'n onwettige ondersoek gebaseer was.”
Hatuikulipi het ’n aanvullende verklaring ingedien, wat Esau ondersteun het.
“Die ondersoek en bewyse waarop die AG staatmaak vir die toekenning van die beperkingsbevel, is deur ’n ACC-beampte uitgevoer wie se pligte in die teenkorrupsiewet omskryf word. Dié wet bepaal dat ’n beampte van die ACC nie amptelik en doelbewus Poca-misdrywe mag ondersoek nie,” luidens Hatuikulipi se hofstukke.
“Dis duidelik die ACC het die ondersoek wat die vervolging en die Poca-aansoek tot gevolg gehad het, in gedrang gebring.
“Boonop is daar geen bewyse dat die inspekteur-generaal van die polisie die ondersoek gemagtig het nie.”
FNB OORWEEG APPÈL
Die hof het First National Bank (FNB) se aansoek toegestaan om by die saak ingesluit te word.
Die bank se aansoek om sowat N$5,3 miljoen se eiendomme – wat aan twee van die Fishrot-beskuldigdes behoort het – terug te win voor hul bates aan die staat verbeurd verklaar is en moontlik verkoop sou word, het misluk.
Die bank wil glo sy belange in sekere roerende en nieroerende bates wat hy gefinansier het, beskerm.
Dit sluit drie eiendomme in: Gedeelte 299 van die plaas Finkenstein nr. 526; erf 5052 in Ongwediva se uitbreiding 11; en erf 509 in Windhoek se Hochland Park. Daarbewens het die bank ook 'n belang by 'n Toyota Hilux-dubbelkajuit 2.8 GD6, 'n Mercedes Benz SL en 'n Range Rover.
Sibeya het op 25 Maart die bank aansoek van die hand gewys en FNB het gister in hofstukke aangedui hul oorweeg om teen die uitspraak te appelleer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie