Drie vas vir bedrog

Augetto Graig
Twee beamptes van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en ’n sakeman is verlede week deur die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) op klagte van bedrog in hegtenis geneem.

In ’n verklaring brei die kommissie uit dat die klagte verband hou met die aankoop van twee fotostaatmasjiene in 2018 en behels ongeveer N$3 miljoen.

Twee tenders is glo aan SSIT Trading Enterprises – wat aan Desmond Kays behoort – toegeken vir die aankoop van die masjiene.

Hy het na bewering met die beampte vir voorraadbeheer, Cornelius Willemse, en die beampte vir administratiewe beheer, Veronica Goagoses, saamgesweer om die beweerde bedrog te pleeg.

’n Tender is aan SSIT toegeken om een fotostaatmasjien ter waarde van sowat N$451 000 aan die Nasionale Instituut vir Onderwysontwikkeling (Nied) te lewer, en die tweede tender vir ’n fotostaatmasjien aan die ministerie se hoofkantoor ter waarde van meer as N$1,145 miljoen. Die bestelling is gevolglik geplaas en die kontrakte is onderteken.

Na bewering het Goagoses ’n eenmalige betaling vir beide aankope goedgekeur nadat Willemse op 1 Maart en 22 Mei 2018 bevestig het dat die masjiene afgelewer is.

Dit ten spyte daarvan dat nie ’n enkele fotostaatmasjien afgelewer is nie, volgens die ACC.

Volgens die getekende kontrakte moes die masjiene eerder op ’n maandelikse basis oor 36 maande gehuur word.

Kays het steeds fakture aan die ministerie gestuur vir onderskeidelik N$51 655 en ongeveer N$12 100 per maand, nadat die ministerie reeds vir die fotostaatmasjiene betaal het, sê die kommissie.

Die ACC beweer verder dat Goagoses tussen 1 Maart en 30 Mei van dieselfde jaar, kontant en brandstof vanaf Kays vir haarself en vir ’n ander individu aanvaar het.

Willemse en Goagoses staan tereg op die oortreding van die Teenkorrupsiewet van 2003 en Kays vir bedrog.

Hulle het verlede Donderdag in die landdroshof in Katutura verskyn. Goagoses en Kays is elk op borgtog van N$50 000 vrygelaat, en Willemse op N$25 000. Die hofsaak is na die Windhoekse streekhof verwys en sal vandag voortduur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!