Eis vir dood van pasgeborene misluk
Kraam ontaard in 'n nagmerrie
Nghikumwa het onder andere N$500 000 in skadevergoeding geëis vir die emosionele en sielkundige skok en trauma wat sy moes verduur.
’n Vrou wat N$565 000 van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geëis het nadat haar baba tydens kraam kop eerste op die grond geval en gevolglik gesterf het, se eis is Vrydag deur die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.
“Ek het half gehurk daar gestaan met 'n naelstring wat uit my hang en niemand het my gehelp nie. Dit was 'n rukkie voordat iemand na my toe gekom het. Een jong verpleegster het by die kamer ingestap en geskok na haar asem gesnak. Sy het haar mond vasgehou en haar kollegas geroep om te 'kom kyk'. Sy het net daar gestaan,” het Peelina Shiwovanhu Nghikumwa in haar verklaring aan die hof verduielik.
Die voorval het op 20 Oktober 2017 by die Engela-staatshospitaal naby Omafo in die Onhangwenastreek plaasgevind.
Nghikumwa het in haar eisbesonderhede aangevoer sy is alleen gelaat nadat sy in die hospitaal opgeneem is en dat sy nie mediese aandag, sorg of bystand ontvang het nie.
“Die verpleegsters, gesondheidswerkers en mediese praktisyns het nalatig versuim om ’n veilige kraamproses te verseker. Hulle moes oorweeg het dat hul versuim om op te tree onherstelbare skade vir die ma en haar baba sou veroorsaak,” lui Nghikumwa se eisbesonderhede wat op 9 Mei 2019 by die hof ingedien is.
Die ministerie het in hul pleitstukke erken dat Nghikumwa by die kraamsaal opgeneem is, maar het die res van die bewerings of enige nalatige optrede deur hul personeel ontken.
Nghikumwa het N$500 000 in skadevergoeding geëis vir die emosionele en sielkundige skok en trauma wat sy moes verduur. Sy het ’n verdere N$15 000 geëis vir die begrafnisonkoste, asook N$50 000 vir toekomstige mediese uitgawes met betrekking tot sielkundige berading.
VERPLEEGSTERS
Nghikumwa het in haar verklaring gesê dat ’n verpleegster drie keer vir haar gesê het om in die kraamsaal rond te loop om kontraksies te stimuleer, ondanks die feit dat dat sy gesê het haar bene is moeg en sy elke keer na haar kamer teruggekeer het.
“Die verpleegster het vir my gesê ek is net bang is vir kraam en gesê ek moet weer buite gaan stap. Ek het gevoel hoe die kontraksies verdiep en erger word. Ek is nie ingelig om weer in die bed te gaan klim sodra die kontraksies ondraaglik word nie.
“Ek het op ’n bankie buite die kamer gesit en kon dieselfde verpleegster sien terwyl sy op haar selfoon besig was. Ek het uiterste kontraksies gevoel en die verpleegster geroep om my te kom help, want die baba kom, maar sy het op haar selfoon bly fokus. Voordat ek die bed kon haal, het die baba kop eerste op die vloer geval,” lui Nghikumwa se verklaring.
Drie verpleegsters het verklarings afgelê en aangevoer dat hulle verskeie kere aan die ma aandag gegee het. Toe hulle haar op die bankie buite die kamer aantref, het sy glo gesê sy is moeg om in die bed te wees.
Een verpleegster het, in teenstelling met Nghikumwa se verklaring, aangedui dat sy haar aangeraai het om binne die kraamkamer te loop om kontraksies te stimuleer en om terug bed toe te gaan wanneer dit sterker word. Sy het ook gesê sy het die ma om 22:00 opdrag gegee om in die bed te bly.
BEWYSE
Die ministerie het in hul finale betoë beklemtoon die onus rus op Nghikumwa om haar bewerings op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys en voer aan sy het versuim om dit te doen.
“Sy het versuim om 'n verband tussen enige optrede van die personeellede en die verlies van haar baba te bewys. Sy het versuim om te bewys dat die personeellede enige moontlike skade aan die baba moes verwag en dat daar stappe was wat die personeellede kon neem om sodanige skade te verhoed.”
Regter Herman Oosthuizen het Vrydag die eise van die hand gewys, maar die redes vir sy beslissing is nog nie bekend gemaak nie.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie