Gevangene eis miljoene vir emosionele skade
’n Voormalige gevangene van die Oluno korrektiewe geriewe in Ondangwa eis sowat N$5,6 miljoen van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit en die Namibiese Korrektiewe Dienste (NSC) omdat hy na bewering byna vier jaar in ’n enkelsel moes deurbring.
Ricardo Hoaeb is tans in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis en het verlede jaar die saak teen onder andere die veiligheidsminister, Albert Kawana, en die kommissaris-generaal van die NCS, Raphael Hamunyela, aanhangig gemaak.
Hoaeb is in Julie 2013 in hegtenis geneem op klagte van diefstal, moord, regsverydeling en die besit van ’n vuurwapen sonder ’n lisensie.
Hy was glo sedert 19 Junie 2016 tot 9 Maart 2021 in aanhouding by die Oluno korrektiewe geriewe in afwagting op sy verhoor. Hy beweer hy is tydens hierdie tydperk – vir drie jaar en 11 maande – vir 18 uur per dag alleen in ’n enkelsel aangehou en dat hy lang termyn psigiese en emosionele skade gely het. Hy voer aan hy is op ’n wrede en onmenslike manier behandel.
Hy beweer die isolasie was onwettig en hy het geen gevaar vir die NCS-lede of die ander gevangenes ingehou nie. Volgens hom het die beamptes nie rede gehad om hom in ’n enkelsel aan te hou nie. Sy medebeskuldigde het glo nie dieselfde behandeling ontvang nie.
VERTRAGINGS
Hoewel die saak reeds in April verlede jaar aanhangig gemaak is, is die saak verskeie kere vertraag.
Hoaeb het wel onlangs aansoek gedoen om sy eisbesonderhede te wysig en die aansoek is nie teengestaan nie. Nadat die eisbesonderhede gewysig is, sal die respondente pleitstukke indien waarin hul op Hoaeb se bewerings sal antwoord.
Partye het Woensdag in kamers met regter George Coleman vergader en die saak is tot 29 Junie uitgestel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie