Miljoene se hofeis teen Arangies
Man vra skadevergoeding van N$1,25 m.
Die vermeende slagoffer van 'n vuisgeveg waarvan 'n video verlede jaar opslae in die sosiale media gemaak het, het die hoërhof genader.
In November verlede jaar is ’n video op sosialemediaplatforms versprei wat wys hoe ’n man ’n ander man in Windhoek se strate skop en slaan.
Die man wat in die video homself op die grond bevind het tydens die bakleiery, Waldo Beukes, het onlangs die hoërhof in Windhoek genader en eis nou N$1,25 miljoen in skadevergoeding van die man wat hom na bewering geslaan het, Hugo Arangies.
Beukes voer aan Arangies het hom verskeie kere met die vuis geslaan, hom in die gesig geskop en op die sypaadjie neergegooi.
Volgens Beukes se eisbesonderhede wat in Februarie by die hof ingedien is, het hy verskeie beserings tydens die voorval opgedoen. Sy skouer is glo uitgehaak, sy arm is gebreek en hy het snywonde op sy gesig en liggaam opgedoen asook harsingskudding.
Die voorval het op 20 November in Andima Toivo ya Toivostraat plaasgevind.
SAAK UITGESTEL
Hoewel Arangies en sy prokureur reeds aangedui het dat hulle die saak sal teenstaan, is geen pleitstukke nog by die hof ingedien nie.
Ingevolge ’n onlangse hofbevel moet Arangies voor Donderdag 18 April sy pleitstukke indien. Die hofsaak is tot 6 Junie uitgestel vir bemiddeling wat deur die hof gefasiliteer is.
BEWERINGS EN EISE
In Beukes se eisbesonderhede beweer hy dat Arangies onwettig, onreëlmatig en met opset opgetree het met die doel om hom ernstig te beseer.
Buiten vir sy beweerde fisieke beserings, voer Beukes aan dat die voorval hom verneder het en sy menswaardigheid, reputasie en selfvertroue geskend is.
Hy meen hy is in die openbaar verneder aangesien die voorval voor lede van die publiek plaasgevind het en die video wyd in die sosiale media versprei is.
“Verskeie vriende en familie het hom [Beukes] gebel en gevra oor die aanranding.
“Hy sal nie meer in staat wees om te sosialiseer en met ander te kommunikeer met dieselfde vlak van selfvertroue wat hy gehad het voor die aanranding nie,” lui sy eisbesonderhede.
Beukes eis N$500 000 vir die pyn en leiding wat hy na bewering moes verduur as gevolg van die voorval, ’n bykomende N$500 000 vir die skade aan sy reputasie weens die beweerde openbare vernedering en nog N$250 000 vir die emosionele skok en trauma wat hy glo ervaar het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie