Motordief faal in sy appèlsaak
Dien 10 jaar tronkstraf uit
'n Veroordeelde dief het glo skuldig gepleit, maar die landdroshof het na bewering sy pleit verander.
’n Man wat tien jaar tronkstraf opgelê is vir motordiefstal, het glo aan die begin van sy verhoor skuldig gepleit, maar die landdroshof het na bewering sy skulderkenning verander en hy is gevolglik tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.
Sikopo Jacob Mukendwa het onlangs teen sy vonnis geappelleer en versoek dat sy vonnis verkort moet word of dat hy net ’n boete opgelê word. Sy saak is egter Maandag van die rol geskrap nadat sy regsverteenwoordiger toegegee het dat die appèlaansoek gebrekkig is en geen geldige gronde vir appèl insluit nie.
Hy sê in hofstukke dat hy nie die hof se tyd wou mors nie en daarom skuldig gepleit het, maar die hof het glo dit na onskuldige verander en dit so aangeteken. Die staat het dié gebeure ook in hul hofstukke bevestig.
EERSTE OORTREDER
Mukendwa is op 14 Augustus 2020 in die streeklanddroshof op Katima Mulilo gevonnis.
Die gronde vir sy appèl wat hy voor die hoërhof gebring het, is dat hy ’n eerste oortreder is, asook die ouer van drie kinders onder die ouderdom van 12. Die ma van die kinders is glo oorlede en Mukendwa sorg alleen vir hulle. Volgens hofstukke is hy ook HIV-positief.
“Die hof het geweet hy is ’n eerste oortreder en dat hy aanvanklik skuldig gepleit en berou getoon het, maar die hof het steeds besluit dat hy ’n misdaad gepleeg het wat ernstige gevolge dra,” het die staat in hul hofstukke gesê.
Die voertuig wat Mukendwa op 25 September 2016 gesteel het, is twee maande later in Zambië gevind. Dit was glo nie meer in ’n werkende toestand nie.
VONNIS
Landdros Victor Nyazo het vir Mukendwa die minimum voorgeskrewe vonnis vir motordiefstal opgelê.
Die staat het beweer dat daar geen rede was om vir hom minder as die minimum straf op te lê nie.
“Daar moet nie maklik van verpligte vonnisse afgewyk word nie en veral nie met goeie rede nie.”
Die erkenning van skuld en berou is aspekte wat in ag geneem word deur ’n regter of landdros wanneer ’n vonnis opgelê word.
Dit is ook ’n versagtende faktor wanneer ’n beskuldigde ’n eerste oortreder is.
Die staat het verder aangevoer dat Mukendwa nie in sy aansoek beweer het dat die landdros ’n regsfout begaan het toe hy hom tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis het nie, hy het eenvoudig versoek dat sy vonnis verkort word of dat hy eerder net ’n boete kry.
Die appèlsaak is Maandag deur regter Christie Liebenberg van die hoërhof in Windhoek se rol geskrap en word beskou as afgehandel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie