'Onherstelbare verbrokkeling' kan skeiproses vergemaklik
Ogone Tlhage – Paartjies wat in die toekoms wil skei, sal volgens voorgestelde wysigings aan die Egskeidingwet van 1979 moontlik net ’n onherstelbare verbrokkeling as die rede vir ’n egskeiding hoef aan te voer sonder om te bewys dat een van die partye moontlik gekul het of ’n gewoontemisdadiger is.
Dit sal egter die behoefte uitskakel vir paartjies om versagtende omstandighede as rede vir die egskeiding te bewys, deur ’n enkele rede te verskaf om die skeuring te regverdig.
“Ons voorstel moet die proses vereenvoudig deur net een grondslag vir ’n egskeiding daar te stel, wat die onherstelbare verbrokkeling van die huwelik is,” het die minister van justisie, Yvonne Dausab, verlede week gesê.
Die voorgestelde veranderinge is daarop gemik om die egskeidingsproses makliker en meer bekostigbaar te maak vir egpare wat besluit hul paaie moet skei, het Dausab verduidelik.
“Die huidige wet bepaal dat die egskeiding gebaseer is op ’n fout, wat beteken enigeen van die partye, of dit die man of die vrou is, moet kan bewyse lewer dat een van die twee ’n huweliksoortreding begaan het. As hulle hierdie faktore nie kan bewys nie, raak dit moeilik,” het die minister gesê.
“Die doel is om dit makliker en goedkoper vir partye te maak om te skei.”
Die ministerie het die mening van geskeide mense in ag geneem, wat uitgewys het dat die proses duur en tydrowend is.
“Daar was ’n uitroep van die publiek dat die egskeidingproses ’n duur proses is. Dit is baie moeilik vir mense om deur die proses te gaan en die tariewe is astronomies,” het Dausab gesê.
Die proses om Namibië se egskeidingswet te verbeter, het byna twee dekades gelede in 2004 reeds begin.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie