Oudpolisielid nader hof ná ‘onregverdige’ ontslag
’n Polisieman wat na bewering met sy medebeskuldigdes saamgesweer het om twee renosters in die Etosha Nasionale Park te stroop, het die hoërhof in Windhoek genader in ’n poging om in sy pos heraangestel te word.
Wersimus Haipa – wat by die afdeling van beskermde hulpbronne werksaam was – versoek die hof om die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana, en die destydse inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, Sebastian Ndeitunga, se besluit om hom uit die polisiemag te ontslaan, te hersien en tersyde te stel.
Ná die klagte teen Haipa openbaar gemaak is, het Kawana op 13 September 2021 ’n ondersoek van stapel gestuur en daarna bevind dat Haipa ongeskik is om in die mag aan te bly of sy rang te behou.
“Lede van die publiek verwag dat die polisie met integriteit optree en hul pligte met eerlikheid en toewyding sal nakom.”
Haipa het in Julie 2022 teen Kawana se besluit geappelleer gebaseer op die feit dat hy nog nie aan die klag skuldig bevind is nie en hy as onskuldig beskou moet word tot die teendeel bewys is.
“Ek het die appèl van die hand gewys en die ontslag gehandhaaf. Ek het rasioneel, redelik en regverdig opgetree in my besluit,” het Kawana in sy verklaring gesê wat verlede maand by die hof ingedien is.
Voor sy afdanking het Haipa sowat 26 jaar in die mag gedien.
AANGEKLA
Haipa is op 13 Januarie 2020 in hegtenis geneem op die vermoede dat hy ses dae vantevore sy medebeskuldigdes opdrag gegee het om twee swartrenosters te stroop. Hy het glo ook vuurwapens, ammunisie en kos aan hulle voorsien.
Hy is op 7 September op borgtog van N$15 000 vrygelaat.
In die saak wat Haipa teen Kawana en Ndeitunga aanhangig gemaak het, beweer hy hulle het nie genoeg bewyse gehad om te beslis dat hy nie geskik is om as lid van die polisiemag te dien nie.
“Ek is nie gelyk en regverdig behandel nie aangesien ander lede wat ernstige strafregtelike oortredings in die gesig staar, in die Namibiese polisie bly totdat strafregtelike verrigtinge afgehandel is,” beweer hy.
DISSIPLINE ‘BETREURENSWAARDIG’
Ndeitunga en Kawana beweer egter daar was wel genoeg bewyse vir hulle om ’n besluit te neem.
Daar is ook in hofstukke verwys na die kommentaar van Haipa se eenheidsbevelvoerder, George Namholo, wat gesê het hy presteer gemiddeld tot ondergemiddeld
“Hy het versuim om opdragte van sy seniors uit te voer en sy algemene dissipline was betreurenswaardig.”
Partye het verlede week voor regter Eileen Rakow verskyn.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie