Paratus seëvier in hofstryd
Hof verwerp munisipaliteit se aansoek
Die hof het gister in Paratus se guns beslis nadat die Windhoekse munisipaliteit en dié maatskappy in 2020 koppe gestamp het oor die aanlê van veselkabels.
Augetto Graig
Die hofgeding tussen Stad Windhoek (CoW) en Paratus Telecommunications vir die aanlê van veselkabels in die hoofstad, het gister tot ’n einde geloop.
Die twee instansies het in 2020 koppe gestamp toe munisipale beamptes en die stadspolisie Paratus se werknemers verhoed het om veselkabels aan te lê.
Paratus het in 2013 met die installering van veselkabels in Windhoek begin.
CoW het groot planne om telekommunikasiedienste aan inwoners te bied, terwyl Paratus lank reeds by die aanlê van veselkabels betrokke is, en vinnig oraloor Namibië en in die buiteland uitbrei. Die munisipaliteit het gevolglik strenger en meer eise vir goedkeuring begin instel.
Paratus sê in sy beëdigde verklaring die munisipaliteit se toenemende druk weens strenger munisipale regulasies was deel van ’n strategiese plan om bestaande optiese veselkabels te benut en te kommersialiseer.
Die maatskappy verwys na die munisipaliteit se voorneme om gratis voordeel uit Paratus se infrastruktuur te trek, en daarna met die maatskappy mee te ding.
Regters Dave Smuts, Theo Frank en Shafimane Ueitele het gister die munisipaliteit se aansoek om appèl teen ’n vorige hoërhofbeslissing – wat hulle verbied het om in Paratus se werksaamhede in te meng – van die hand gewys.
Die oorspronklike bevel is toegestaan nadat Paratus die howe genader het. Dit het gevolg nadat die stadspolisie op 13 Februarie 2020 beslag op hul toerusting gelê het en Paratus verhoed het om met werksaamhede voort te gaan. Die hof het die munisipaliteit berispe oor die gebruik van wetstoepasser vir eie gewin.
“Om die reg in eie hande te neem, is fundamenteel teenstrydig met die oppergesag van die gereg,” skryf die regters en, “dit word vererger aangesien ’n plaaslike owerheid gesag probeer afdwing deur sy eie polisiemag.”
Die regters het beslis dat dit magsmisbruik was en die hof wel jurisdiksie het ten spyte daarvan dat die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) geskille tussen verskaffers van telekommunikasiedienste beredder.
Smuts, Frank en Ueitele het in hul uitspraak gesê dat Paratus geregtig is om veselkabels aan te lê, die maatskappy skade berokken is, en dat Paratus nie soortgelyke beskerming by enige ander gesag as die hooggeregshof kon soek nie.
Die regters was ook nie oortuig deur die hoofstad se bewering dat Paratus onredelik en skadelik opgetree het nie.
“Die optrede van die munisipaliteit soos hier uiteengesit, is betreurenswaardig en regverdig die ergste sensuur van hierdie hof,” lui die hofbeslissing.
Die munisipaliteit se aansoek om appèl het misluk en is met koste van die hand gewys.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie