• Tuisblad
  • Howe
  • #PasIn Regterpresident reis binnekort na Noorde om aantal sake te verlig

#PasIn Regterpresident reis binnekort na Noorde om aantal sake te verlig

Kristien Kruger
Die hoërhof sal gedurende Augustus sake in die Kavango-Oos- en Zambezistreek aanhoor as deel van 'n inisiatief om die aantal kriminele sake in daardie streke te verlig.

Daar is tans net ’n hoërhof in Windhoek en Oshakati, maar die regterpresident, Petrus Damaseb, het in konsultasie met belangegroepe, rondgaande howe goedgekeur om toeganglikheid tot geregtigheid te bevorder.

Die kantoor van die regbank het gister (Dinsdag) ’n verklaring uitgereik om die publiek in kennis te stel dat Damaseb altesame agt kriminele verhore in dié streke sal aanhoor.

“Al die beskuldigdes en getuies in hierdie agt sake is onderskeidelik van Rundu en Katima Mulilo,” lui die verklaring.

Die rondgaande howe sal vanaf 1 tot 15 Augustus in die Kavango-Oosstreek wees en vanaf 17 tot 31 Augustus in die Zambezistreek.

Die huidige streekshowe sal gedurende die tydperk as die rondgaande howe dien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!