Regter in hofsaak gewikkel
Moes ’n aansoek om kondonasie indien
'n Regter van die hoërhof is in 'n regsgeding gewikkel nadat sy na bewering 'n saak agt keer uitgestel het voordat sy haarself uiteindelik van die saak onttrek het.
’n Hofsaak is teen ’n regter van die hoërhof, Esi Schimming-Chase, aanhangig gemaak en die applikant beweer sy het versuim om die onafhanklikheid, integriteit en onpartydigheid van die regbank te handhaaf.
Mnr. Hendrik Christian het in Januarie vanjaar sy beëdigde verklaring by die hoërhof in Windhoek ingedien.
Schimming-Chase was die regter in een van Christian se sake vanaf 20 April tot 21 September 2021, waarna sy haarself van die saak onttrek het aangesien sy die derde respondent in dié saak, Namibia Financial Institutions Supervisory Authority (Namfisa), in 2006 tydens ’n saak in die hooggeregshof verteenwoordig het.
Die saak is op 20 April 2020 aan Schimming-Chase toegeken. Op 22 April het sy die saak se statusverhoor hanteer en op 5 Mei die saakbestuur. Sy het daarna die saak tot 22 Junie uitgestel vir verhoor, maar die saak is tot 7 Julie uitgestel omdat sy in kwarantyn was. Daarna het sy glo weer die saak tot 22 Julie uitgestel, toe weer tot 8 September en daarna weer tot 22 September.
Schimming-Chase het op 21 September haarself van die saak onttrek.
“Die respondent het vir vyf maande die saak gesloer en dit agt keer uitgestel sonder om die hof van haar noue verhouding met die derde respondent in daardie saak in te lig,” lui Christian se verklaring.
Volgens Christian het sy as 'n oortreder van die wet opgetree en versuim om die pligte van ’n regterlike beampte met onpartydigheid en bekwaamheid uit te voer.
Christian eis dat Schimming-Chase die regskoste vir die vertragings van die saak moet betaal.
GLO SONDER TOESTEMMING
In hofstukke wat Schimming-Chase se regsverteenwoordiger ingedien het, beweer sy Christian het nie die nodige toestemming verkry om ’n siviele saak teen ’n regter aanhangig te maak nie.
’n Gedeelte uit artikel 21 van die Hoërhofwet 16 van 1990, is in hul hofstukke aangehaal: “Geen dagvaarding. . . teen enige regter van die hoërhof sal in enige siviele aksie uit enige hof uitgereik word nie, behalwe met die toestemming van die hoërhof.”
Hofstukke verwys verder na artikel 21(2) wat aanvoer indien toestemming verkry word, moet die datum waarop die regter verskyn in konsultasie met die regter-president vasgestel word.
“Die regte stappe vir die respondent se beweerde optrede, is om 'n klag by die Regterlike Dienskommissie in te dien.”
Schimming-Chase beweer verder sy het geen bevindinge op die meriete van die saak gemaak voordat sy haarself onttrek het nie.
“Die respondent het onttrek voordat sy die saak op die meriete aangehoor het. Die beslissings wat die respondent gemaak het, was slegs vir saakbestuur.”
Schimming-Chase het op grond van die bogenoemde die hof versoek om die saak van die hand te wys. Hoofregter Peter Shivute is as tweede respondent gelys.
KENNISGEWING
Die hofsaak sal eers moet wag, aangesien partye tans die kwessie aangaande ’n aansoek om kondonasie moet hanteer.
Schimming-Chase se kennisgewing van voorneme om Christian se aansoek te verdedig, is nie betyds by die hof ingedien nie en sy moes ’n aansoek om kondonasie indien.
Christian het dié aansoek teengestaan.
Die verhoor vir die aansoek om kondonasie sal op 24 Mei voor regter Hosea Angula in die hoërhof in Windhoek plaasvind.
Schimming-Chase is in 2021 as regter aangestel en is die eerste senior vroue-advokaat wat as permanente regter aangestel is. Sy is ook sedert 2019 ’n lid van die World Athletics Vetting Panel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie