Die Windhoekse hoërhof sal op 28 April uitspraak in die appèlaansoek lewer. Foto Argief
Die Windhoekse hoërhof sal op 28 April uitspraak in die appèlaansoek lewer. Foto Argief

Staat teen ‘ligte’ vonnis ná moord

Uitspraak word op 28 April gelewer
Die man wat 'n ander man met 'n mes doodgesteek het, is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is.
Kristien Kruger
“Die land ervaar tans ’n ongekende, onbeheerde en onaanvaarbare toename in geweld en ons howe moet dit te alle tye in ag neem. Howe lê strawwer vonnisse op in ’n poging om geweld te bekamp.”

So het die staat in hul finale betoë gesê in ’n appèlsaak teen ’n landdros se beslissing om ’n veroordeelde moordenaar, Walter Haoseb, tot 10 jaar tronkstraf te vonnis waarvan vyf jaar opgeskort is.

Haoseb is in April 2021 in die streekhof in Windhoek gevonnis nadat hy ’n man met ’n mes doodgesteek het.

Haoseb se regsverteenwoordiger het aangevoer dat die hof sy diskresie reg uitoefen het en het verwys na ’n opmerking deur landdros Leopold Hangalo voor vonnisoplegging: “Dit is duidelik dat die oorledene die beskuldigde meer as een keer uitgelok het voordat die beskuldigde sy humeur verloor het.”

Hulle het beweer dat Hangalo die versagtende omstandighede wat gelei het tot die moord in ag geneem het en dit het sterk in Haoseb se guns getel.

LANDDROS MAAK GLO FOUT

Die staat beweer Hangalo het ’n fout begaan ten opsigte van die vonnisoplegging en sê die ligte vonnis was ’n skok.

Die staat voer aan Hangalo het nie die verswarende omstandighede in sy uitspraak in ag geneem het nie en het Haoseb se persoonlike omstandighede oorbeklemtoon.

“Die verswarende omstandighede weeg duidelik swaarder as die versagtende omstandighede in hierdie saak, maar dit word nie in die vonnisoplegging weerspieël nie,” lui die staat se finale betoë.

Die staat het ook benadruk dat daar niks buitengewoon aan Haoseb se persoonlike omstandighede is wat die ligter vonnis regverdig nie. Die 26-jarige Haoseb is werkloos met twee kinders.

Die staat se appèlaansoek is in die hoërhof in Windhoek aangehoor en die hof sal op 28 April uitspraak lewer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!