Toesigstryd: Verslag in ma se guns
Maatskaplike werker ondersoek saak
'n Senior maatskaplike werker het 'n verslag by die hof ingedien wat aanbeveel dat die kind ná die skooljaar terugkeer Suid-Afrika toe.
In die toesigstryd van ’n agtjarige seun waarby die hoërhof in Windhoek verlede maand betrek is, het ’n senior maatskaplike werker aanbeveel dat die kind na sy ma terugkeer.
Die kind se ma het sedert sy ouers se egskeiding in 2018 primêre toesig, met sy pa wat geredelike toegang het om hom te besoek.
Sy pa het egter verlede maand ’n dringende aansoek by die hof ingedien wat versoek dat die seun by hom in Windhoek moet bly en nie terugkeer na sy ma wat in Suid-Afrika woon nie.
Sy aansoek is gebaseer op die bewerings dat die ma by ’n inrigting vir ’n geestesversteuring opgeneem is, sy selfdoodneigings gehad het en onlangs uit die huis getrek het wat sy met haar nuwe man gedeel het en tans by haar ouers woon.
Die ma het egter die aantygings ontken en die hof verseker haar depressie is onder beheer. Sy het verder aangevoer sy moes uit die huis trek wat sy met haar man deel aangesien hy haar glo aangerand het.
Die hoërhof het beveel dat die kind se omstandighede ondersoek en aanbevelings oor sy toesig ingedien moet word.
Ná die ondersoek het die maatskaplike werker bevind die ma is tans in ’n meer standvastige omgewing.
“The respondent [ma] het duurlopend stappe gedoen om haar persoonlike omstandighede te verbeter. Die bekommernis dat die respondent geestelik siek is en selfdoodneigings het, is afgekeur aangesien sy hulp gesoek het wanneer dit nodig was en nou haar depressie goed bestuur. Sy het ook die nodige ondersteuning,” lui die verslag wat verlede Woensdag by die hof ingedien is.
TERUG NA MA
Die seun het vir die vakansie by sy pa in Windhoek kom kuier en die hof het beslis dat hy by sy pa kan bly hangende die voltooiing van die dringende aansoek.
Die verslag het aanbeveel dat die seun by sy pa bly tot die einde van die akademiese jaar aangesien dit nie ideaal sou wees om hom vroeër uit die skool te haal nie. Daar is verder aanbeveel dat hy dan terugkeer na sy ma en sy pa sal steeds geredelike toegang hê.
ONSEKERHEID
Hoewel die maatskaplike werker opgemerk het dat beide ouers goed na die kind kan omsien, meen sy die ouers is nie in staat om meningsverskille doeltreffend te takel nie.
“Dit is nie in die kind se beste belang om onderwerp te word aan soveel onsekerheid wat veroorsaak word deur voortdurende hofverrigtinge omdat die ouers nie in staat is om kwessies op te los nie.”
Sy verwys ook na ’n Suid-Afrikaanse gesinsadvokaat se verslag wat sê die ouers is nie in staat om doeltreffend te kommunikeer in die beste belang van hul kind nie.
“Die partye moet ’n daadwerklike poging aanwend om vriendskaplike gesamentlike toesig te bewerkstellig.”
Partye het verlede week Donderdag voor regter Orben Sibeya verskyn.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie