Verhoor teen tronkowerhede sloer
Regsverteenwoordiger nie gereed nie
'n Gevangene beweer dat die ministerie en tronkowerhede aanspreeklik gehou moet word vir 'n besering wat hy tydens 'n bakleiery tussen tronkowerhede opgedoen het.
'n Gevangene en vermeende tronkbendelid wat die tronkowerhede, insluitend sewe gevangenisbeamptes, vir N$35 miljoen dagvaar, se saak is nog nie gereed vir verhoor nie.
Die partye het Vrydag in die hof vir voorverhoorverrigtinge verskyn en die saak is tot gister (Dinsdag) uitgestel vir die begin van die verhoor, maar die eiser, Eben Cloete, se nuutaangestelde regsverteenwoordiger is glo nie gereed nie.
Die saak was geskeduleer om vanaf 16 tot 19 Mei in die hoërhof in Windhoek verhoor te word, maar Cloete het Vrydag ’n nuwe regshulpprokureur gekry wat glo nog nie die geleentheid gehad het om met hom te konsulteer en vir die verhoor voor te berei nie.
Cloete se regsverteenwoordiger, mnr. Vilen Hifindaka, het reeds aangedui dat hulle gister (Dinsdag) ’n versoek sou rig vir die verhoor om uitgestel te word.
AGTERGROND
Cloete is ’n gevangene in die Windhoek Sentrale Gevangenis en eis sowat N$35 miljoen in skadevergoeding.
Dit nadat hy glo op 24 Maart 2020 in een oog verblind is tydens ’n geveg tussen gevangenes waartydens tronkbewaarders na bewering geweier het om tussenbeide te tree.
Hy beweer hy het die bewaarders gesmeek om 'n onderonsie tussen twee gevangenes te beëindig en ten minste vier bewaarders het net toegekyk. Hy het uiteindelik besluit om die bakleiery self te probeer stopsit.
Cloete voer aan dat hy midde die geveg met 'n skerp metaalvoorwerp in sy linkeroog gesteek is.
ONTKEN SKULD
Hy vra die hof om sy eis om skadevergoeding toe te staan vir die skending van sy grondwetlike regte op beskerming en die verlies van sy sig.
Hy eis N$30 miljoen, plus 'n bykomende N$5 miljoen vir pyn en lyding sedert die voorval en tot sy beserings genees was.
Al nege verweerders – die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, die hoof van die korrektiewe dienste van Namibië, asook verskeie gevangenisbeamptes – ontken enige aanspreeklikheid vir die voorval en voer aan dat hulle nie in die omgewing of in sig van die voorval was nie.
Volgens hulle het die rusie in die afwesigheid van tronkbewaarders plaasgevind wat “ten tyde van die voorval besig was om kos aan gevangenes te bedien”.
Die tronkowerhede ontken ook dat Cloete of enige ander gevangene hulle om hulp genader het.
“Eers ná die eiser beseer is, het hy die beamptes in die eetsaal van die voorval ingelig,” het hulle gesê.
Die Republikein het destyds berig dat die voorval moontlik ’n bendeverwante geveg was.
“Die eiser (Cloete) is, in 'n poging om 'n aanval op sy medebendelid en/of gevangene te stop, deur die mededingende bendelid en/of gevangene gesteek,” beweer gevangenisowerhede in hul pleitverduideliking wat by die hof ingedien is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie