‘Vonnisse moet diewe afskrik’
Appèlaansoek teen vonnisoplegging
In 'n saak waarin 'n veroordeelde dief sy vonnis uitdaag, beweer die staat dat die hof strawwer vonnis moet oplê om oortreders te weerhou om dié tipe misdade te pleeg.
’n Man wat ’n jaar gelede op Walvisbaai skuldig gepleit het op aanklagte van diefstal, poog nou om sy tronkstraf te verkort.
Romanus Klaas het die hoërhof in Windhoek genader met ’n appèlaansoek teen sy vonnisoplegging van drie jaar tronkstraf.
Hy is in Februarie 2023 in Walvisbaai se landdroshof gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op klagte van diefstal met betrekking tot gesteelde goedere ter waarde van meer as N$20 000.
Hy beweer die vonnis is te straf, maar die staat voer aan dit is gepas vir die oortreding en dat sy appèlaansoek geen vooruitsigte van sukses het nie.
“Dit is ongetwyfeld een van die misdrywe waarin die samelewing baie belangstel vanweë die gereeldheid daarvan en die samelewing kyk na die hof om vonnisse op te lê wat oortreders sal weerhou om hierdie tipe misdaad te pleeg.
“Die landdros het die belange van die samelewing korrek oorweeg met die oplegging van die vonnis,” het die staatsaanklaer, Anna Amukugo, in hofstukke aangevoer.
APPÈLAANSOEK
In sy aansoek beweer Klaas dat die betrokke landdroshof ’n fout begaan het in sy vonnisoplegging deur sy persoonlike omstandighede te onderbeklemtoon en die versagtende omstandigede misgekyk het.
Hy steun op die feit dat hy 'n eerste oortreder is sonder enige vorige skuldigbevindings en slegs 23 jaar oud was ten tyde van die oortreding. Sy meisie was ook destyds swanger en hy was glo die enigste persoon wat vir haar gesorg het.
Verder voer hy aan dat die hof 'n fout begaan het deur die erns van die oortreding te oorbeklemtoon en nie in ag geneem het dat hy skuldig gepleit het en die hof se kosbare tyd gespaar het nie.
Laastens, beweer hy dat die vonnis nie gepas is vir die oortreding nie.
‘NIKS SPESIAAL’
In die staat se hofstukke stel hy dat Klaas erken het hy het die goedere ter waarde van N$20 200 gesteel en wys op die feit dat niks teruggevind is nie.
“Hy [Klaas] het bloot die begeerte gehad om te steel. Hy het die items gesteel en verkoop en gevolglik is geen van die eiendomme wat sentimentele waarde het, teruggevind nie.
“Die slagoffers het geen keuse gehad anders as om geld te bestee en die gesteelde goed te vervang nie.”
Die staat het verder aangevoer dat daar niks spesiaal is met betrekking tot Klaas se persoonlike omstandighede nie en die hof daarom geen rede gehad het om van die normale vonnis vir diefstal af te wyk nie.
“Inteendeel, sy persoonlike omstandighede is ver oortref deur die aard van die oortreding en die belang van die samelewing.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie