Vrouemoordenaar wil appelleer teen sy vonnis
Reeds tien jaar tronkstraf uitgedien
Die man wat reeds in 2005 sy 18-jarige eksmeisie doodgeskiet het, wil nou die hooggeregshof nader om sy vonnisoplegging te hersien.
’n Veroordeelde moordenaar wil ná tien jaar teen sy vonnisoplegging van 35 jaar tronkstraf appelleer.
Pieter Farmer het sy 18-jarige eksmeisie in 2005 op Keetmanshoop doodgeskiet en hul sewe maande oue babadogter sonder ’n ma gelaat.
Hy is in April 2013 in die hoërhof in Windhoek gevonnis en tydens die vonnisoplegging het regter Nate Ndauendapo gesê die bewyse het daarop gedui dat Farmer sy eksmeisie doelbewus geskiet het, omdat die oorledene, Dolleveria McKay, hul verhouding beëindig en iemand anders begin sien het.
Farmer het gister voor Ndauendapo in die hoërhof verskyn waartydens sy aansoek om verlof tot appèl aangehoor is. Indien die aansoek toegestaan word, sal hy die hooggeregshof nader om sy vonnisoplegging te hersien.
GEEN BEROU
Ndauendapo het ook destyds gesê die samelewing het ’n sterk begeerte vir strawwer vonnisse teen mans wat vroue vermoor en dat vroue die keuse en vrymoedigheid moet hê om verhoudings te beëindig sonder om vir hul lewens te vrees.
Volgens Ndauendapo was dit ook ’n verswarende faktor dat Farmer nie berou betoon het nadat hy die moord gepleeg het nie. Hoewel Farmer berou beken het in sy pleitverduideliking aan die begin van sy verhoor, het Ndauendapo daarop gewys die oorledene se ma het aan die hof gesê hy het geen berou uitgespreek oor die moord op haar dogter nie.
Farmer het ook nooit in die hof getuig nie. Dit sou hom die geleentheid gebied het om berou te betoon. Farmer is ook een jaar tronkstraf opgelê vir die onwettige besit van ammunisie en’n vuurwapen wat hy in die moord gebruik het.
Die hof het wel beslis dat die bykomende jaar se tronkstraf samelopend met die 35 jaar vonnis vir moord uitgedien moet word. Farmer was ’n sakeman in die Krönlein-nedersetting op Keetmanshoop voor hy in hegtenis geneem is.
McKay was 15 toe sy met Farmer begin uitgaan het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie