MR118 as 'n voorsorgmaatreël gesluit
Die Padowerheid (RA) het gesê weens die stygende watervlakke van die Oranjerivier en as voorsorgmaatreël, is die MR118 tussen Rosh Pinah en Oranjemund gesluit, met onmiddellike effek tot verdere kennisgewing.
Toegang tot hierdie roete sal slegs aan nooddiensvoertuie verskaf word indien watervlakke dit toelaat.
Die RA onderhandel tans met Namdeb oor 'n alternatiewe roete en sodra dit bevestig is, sal besonderhede van die tydelike alternatiewe roete gedeel word.
Padgebruikers word versoek om ekstra versigtig te wees wanneer hulle indie reënseisoen reis. Hou asseblief te alle tye by die padtekens. Indien 'n pad oorstroom is, raai die RA aan dat bestuurders alternatiewe roetes kies; moenie probeer om daardeur te ry nie. Water op oorstroomde paaie kan dieper wees as wat dit lyk.
Intussen is die RA se instandhoudingspanne in die streke op bystand om padskade te herstel. In 'n geval waar 'n pad nie onmiddellik herstel kan word nie, sal die RA voorsiening maak vir 'n tydelike verbypad/toegangspad of 'n alternatiewe roete bied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie