Die Oshikotostreekraad se begroting van N$93 miljoen vir die 2022/23 boekjaar is goedgekeur. Foto oshikotorc.gov.na
Die Oshikotostreekraad se begroting van N$93 miljoen vir die 2022/23 boekjaar is goedgekeur. Foto oshikotorc.gov.na

N$93 miljoen vir Oshikoto begroot

Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, het die Oshikoto-streekraad se beplande begroting van N$93 miljoen vir die 2022-’23-boekjaar goedgekeur.

Die begroting was onderworpe aan magtiging deur Uutoni na dit in Mei tydens ’n raadsvergadering ter tafel gelê is.

Die streekraad se woordvoerder, mnr. Petrus Nehale, het gesê ’n deel van die algehele begroting, kapitaalprojekte en landelike ontwikkeling kry byna N$21 miljoen.

Nehale het gesê die finansiering sluit N$16 miljoen in wat gebruik sal word vir die konstruksie van die tweede fase van die Guinas-kiesafdeling en Tsintsabis-kantoor wat beide kiesafdelings en nedersettingskantore sal huisves.

Hy het gesê die projek vorm deel van die raad se strategie om te verseker dat regeringsdienste nader aan inwoners van die Oshikotostreek gebring word en om die raad se teenwoordigheid in die gebied te verseker.

“Sowat N$2,4 miljoen sal gebruik word vir die bou van infrastruktuur vir verskeie dienste in die omgewing van Oshivelo, Onayena en die Onyuulaye-nedersetting, terwyl meer as N$2,1 miljoen bewillig word vir die verskaffing van basiese sanitasie in landelike gemeenskappe,” het Nehale gesê.

Die ministerie het ook die raad se bedryfsbegroting met sowat N$50 miljoen gesubsidieer, terwyl die raad na verwagting ’n bykomende N$11,5 miljoen sal genereer om die bedryfsbegroting te finansier.

Nehale het gesê die raad sal onophoudelik werk om te verseker dat alle beplande aktiwiteite afgehandel word voor die finansiële jaareinde.

“Dit sluit in die bespoediging van grond- en behuisingslewering vir ons inwoners. Soos ons almal weet, is grond baie belangrik om die ontwikkeling van ’n dorp te dryf,” het hy gesê.

Altesame N$423 077 word vir die landelike ontwikkelingsprogram bewillig en sal gebruik word vir die bou van kort waterpypleidings deur die Kos/kontant vir werk-program. Dit sal volgens Nehale drinkwater aan die gemeenskappe verskaf en die uitdaging van waterskaarste in die streek verlig.

Die raad het ook N$2,5 miljoen begroot om kleinskaalse projekte in die streek te ondersteun.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!