Ondersoek na gekraakte pad vertraag
Die kraak op die skouer van die M118-hoofpad tussen Rosh Pinah en Oranjemund wat in Februarie 2021 vir die eerste keer opgemerk is, blyk om groter te raak.
Die kraak wat sowat 25 km vanaf Rosh Pinah en 75 kilometer vanaf Oranjemund is, is nog nie herstel nie.
Volgens die Paaieowerheid (RA) se woordvoerder, me. Hileni Fillemon, is die RA besig om die ondersoek oor dié gedeelte van die pad en rotshellings te voltooi.
Die ondersoek moes reeds in April 2022 afgehandel wees.
Volgens Fillemon het aanhoudende oorstromings van die Oranjerivier tot die vertraging van die ondersoek gelei.
“Nadat die ondersoek afgesluit is, sal ons met die verkrygingsproses begin om ’n kontrakteur vir die herstelwerk aan te stel. Die ondersoek sluit ook die ontwerp en kontraktuele dokumentasie in. Intussen is waarskuwingstekens by die betrokke gedeelte aangebring en die publiek word deurlopend daarop gewys om by die padtekens by dié gedeelte te hou. Die RA monitor die gedeelte deurlopend om seker te maak dit is veilig vir motoriste,” het sy gesê.
“Die borde om vallende klippe aan te dui, is sedert die konstruksie van die pad opgerig. Die rotshelling is deel van die werk wat gedoen moet word.”
Mnr. Visser du Preez van Oranjemund het in Februarie 2022 gesê hy ry al jare die pad en vandat die reusekraak verlede jaar verskyn het, is hy ongemaklik om daar te ry.
“Aan die ander kant van die teerpad het ons die berggedeelte met rotse wat kan val en ernstige skade aan die pad kan aanrig en natuurlik ook aan voertuie wat tussen die dorpe beweeg.”
Die pad is teen ’n koste van N$714 miljoen in 2017 deur Ruabex van Suid-Afrika vir die RA voltooi. Die regering het die konstruksie van die Rosh Pinah/Oranjemund-pad van 90 kilometer – wat byna vier jaar geneem het – gefinansier. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie