Namibië nou deel van VN-waterkonvensie
‘Hou wedersydse voordele in’
Alhoewel Namibië grondwater-ooreenkomste vir al sy oorgrensriviere gesluit het, sal die waterkonvensie samewerkingspogings 'n hupstoot gee.
Ellanie Smit - Namibië is as lid van die Verenigde Nasies (VN) se waterkonvensie aanvaar, wat dit die eerste land in Suider-Afrika, agtste Afrikaland en 50ste land wêreldwyd maak om aan te sluit.
Dit volgens ’n toespraak deur Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming, by ’n waterkonvensie-seremonie in New York.
“As ’n oewerstaat wat sterk staatmaak op die standhoudende riviere wat ons met ons bure deel, asook op beduidende oorgrensgrondwaterbronne, erken Namibië die belangrikheid van oorgrenssamewerking in verband met waterkwessies. Dit om ontwikkelingsgeleenthede vir verbeterde lewensbestaan en toekomstige welvaart van ons mense te ontsluit, terwyl ons volhoubare benutting verseker.”
Hy het bygevoeg dié samewerking wat wedersydse voordele inhou, is ’n belangrike bestanddeel vir voortgesette vreedsame naasbestaan en ’n anker vir die volhoubare vloei van voordele uit watergebruiksregte vir alle oewerstate.
Alhoewel Namibië grondwater-ooreenkomste vir al sy oorgrensriviere gesluit het, sal die waterkonvensie samewerkingspogings ’n hupstoot gee en sinergieë in bestaande ooreenkomste versterk, het hy gesê.
“’n Stel globale reëls met betrekking tot die gebruik en bestuur van gedeelde waterbronne is broodnodig vir vreedsame en wetenskapgebaseerde wateroplossings.”
GRETIG OM TE LEER
Volgens Schlettwein is Namibië gretig om betrokke te raak en by ander partye te leer rakende die gesamentlike monitering en assessering van oorgrenswaterbronne; die verbetering van institusionele meganismes vir oorgrenssamewerking in dié verband en hidrodiplomasie; bestuur van oorgrens-akwifers, die uitvoering van omgewingsimpakstudies en hoe om die handboek oor watertoewysing in oorgrens rivierkomme (rivierbekkens) te gebruik.
“Ek is bly om aan te kondig die leerproses het reeds begin met ’n samewerkingsinisiatief met Finland, wat ons in staat sal stel om ervarings en beste praktyke met ’n ervare party uit te ruil.”
Hy het bygevoeg hierdie inisiatief sal die gladde oorgang na waterkonvensie-implementering vergemaklik.
“Binne sulke vennootskappe kan breedvoerige ontwikkelingsuitkomste bereik word.
“Soos ons die gedeelde strategiese inisiatiewe implementeer en die nodige hulpbronne vir ons prioriteitsaksies mobiliseer, kan ons mekaar – tegnies en finansieel – help in ons pogings om oorgrenswater billik en volhoubaar te beskerm en te gebruik kragtens die waterkonvensie.”
Die minister het bygevoeg Namibië het reeds begin om toetreding tot die konvensie in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-streek aan te moedig, en streef daarna om globale samewerking uit te brei en met oplossings vir oorgrenswateruitdagings vorendag te kom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie